Die Zhizo was by Schroda, ’n goed gestudeerde argeologiese gebied in die Limpopo provinsie, teenwoordig van 900 NC tot 1000 NC. ’n Nuwe groep mense het toe die vallei binne gekom en die Zhizo het die area spoedig verlaat. Die nuwelinge het ’n unieke pottebakkery styl gehad wat met sterk dekorasies versier was.
Hierdie dekorasies wys dat die nuwelinge met die Leopard’s Kopje-kultuur wat in Zimbabwe en die noordelike dele van suid Afrika teenwoordig was, geaffilieer was. Hulle het hul hoofstad in ’n area gestig wat, verbeeldingloos, ‘K2’ genoem is. Hierdie hoofstad was aan die suide kant van Bambandyanalo Koppie geleë. Hulle het voortgegaan om die area vir die volgende 200-jaar te domineer. K2 moet egter nie met die Himalaya bergspits met dieselfde naam, wat die tweede hoogste berg op Aarde na Everest is, verwar word nie.
Hierdie K2-gebied is vernoem volgens ’n numeringstelsel vir opvolgende kolonies, genaamd ‘Koms’. Dit is billik om aan te neem dat hierdie setlaars na die Limpopo-area aangetrokke was as gevolg van dieselfde belofte van olifante en ivoor wat die Zhizo aangetrek het. Argeologiese bewyse het ook aangedui dat die reënval in die area verhoog het gedurende hierdie tydperk en dit sou boerdery volhoubaar maak.
In die geheel was die K2-kultuur meer aansienlik as die nederige Zhizo-mense. In sy hoogte was K2 die tuiste van meer as 1500 mense en was waarksynlik in verskeie voorstede om die sentrale nedersetting verdeel. ’n Magtige hoofman het waarskynlik die nedersetting bestuur met onderdanige hoofmanne onder hom.
Die K2 hoofstad strek oor ’n area van omtrent 5 hektar en ’n aantal kleiner nedersettings was ook in die area gevestig. Anders as die Zhizo, hierdie kleiner nedersettings was egter op die vrugbare vloedvlaktes van die Limpopo geleë. Daar is bewyse dat die mense van K2 ’n gemende-gewasbestuur onderneem het. Hulle het graan, sorg, bone, pampoen en waatlemoene geplant en skape, bokke en beeste aangehou. Hulle het waarskynlik ook gejag om hul dieet aan te vul.
Dit word geglo dat die nedersettings van K2 rondom die Sentrale Bees Patroon, wat kenmerkend is van die Bantoe-nedersettings van die ystertyd regoor die kontinent, geleë was. Eenvoudig gestel, hierdie ruimtelike uiteensetting bestaan uit ’n beeskraal in die middel, met hutte rondom dit gebou. Om beeste in die middel van die gemeenskap te plaas is nie net prakties nie, maar ook simbolies; ’n fisiese manifestasie van die politiese en sosiale belang van die beeste vir hierdie gemeenskap.
Beeste was gebruik om boetes mee te betaal, huwelike te organiseer (labola), om onderhandelinge af te handel en om eer aan die hoofman te bewys. ’n Man se mag was direk gekorreleer aan die hoeveelheid beeste wat hy besit het.
By K2 word die sentrale beeskraal omring met dik lae mis en die oorblywende hutte word rondom dit gebou. Die huthuise by K2 was waarskynlik rond en die mure was gemaak van ‘daga’ – ’n mengsel van mis en modder. Die vloere was van gruis en klei gemaak en die dakke van plaaslike gras.
Die huis was die vroue se domein en meer as 90 grafte was rondom hierdie vroulike area gevind. Die mans was naby aan die beeskraal begrawe. Die begraafareas in K2 is almal redelik eenvormig. Die liggame is in ’n slapende posisie begrawe, met hul koppe wat Wes wys – waar die son onder gaan.
Die vroulike liggame rus op hul linkerkant, terwyl die mans op hul regterkant lê (die senior posisie). ’n Aantal vreemde dierlike begraafplekke met gebreekte bene en potskerwe was ook gevind en dit word geglo dat hierdie begraafplekke spirituele betekenis het. Akkommodasie by K2 sou opgedeel geword het volgens sosiale status.
Enkel lopende mense het saam gewoon aan die voorkant van die nedersetting en magtige leiers het naby aan die hoofkraal gebly, weg van die gewone mense. Soos wat die nedersetting groei sou hierdie sosiale hiërargie meer prominent word.
Translated by Nina Joubert