In die tradisionele Tsonga gemeenskap was die keuse van 'n vennoot nie maklik nie omdat die proses 'n stel reëls moes volg. Neefs en niggies mag nie trou nie en kinder mag nie verloof geraak het nie, maar 'n pa kan meisies aanbeveel vir sy seunl. 'n Minnaar het vir 'n vrou 'n gras ring of doring gestuur om aan te dui dat hy met haar wou trou. As die gevoel wederkerig was sou sy vir hom 'n gras ring of 'n doring stuur om hul verhouding te bevestig.
Na die meisie se pa formeel sy goedkeuring vir die verhouding gegee het, het die seun se pa 'n koei vir haar familie gestuur, wat die ooreenkoms verseël het. Sodra hierdie stadium bereik is, sou verdere onderhandelinge gevoer word deur twee tussengangers wat die families verteenwoordig het.
Vandag word die bruidskat wat aan die vrou se familie gegee moet word steeds as 'n belangrike saak geag. Die Tsonga huwelik is meer as 'n verhouding tussen individue. Dit sement die verhoudings tussen die families met die uitvoering van voorregte en verpligtinge wat die dood van enige van die gades oorbrug.
As 'n vrou byvoorbeel sterf voordat sy 'n kind gehad het, of as sy onvrugbaar is, word een van haar familielede (susters of niggies) gegee om kinders te baar. Wanneer 'n man sterf moet sy familie voorsiening maak vir sy weduwe en as sy nog vrugbaar is mag 'n jonger broer haar as 'n vrou vat en kinders saam met haar baar names sy broer.
Tradisionele seremonies word nog steeds deur baie Tsongas beoefen. Wanneer die meisie haar huis verlaat word 'n offer gemaak en neem sy formeel afskeid van haar familie en hul voorvadergeeste. Dit word opgevolg deur die oorhandiging van die bruid aan haar nuwe familie. Na 'n bruilof by die bruidegom se huis (muti) word die egpaar as formeel getroud gesien.
Tradisioneel moes die bruid goed gedefinieerde reëls van gedrag en etiket volg in haar nuwe huis. Na haar huwelik bly sy in haar skoonma se muti, help haar skoonma in haar daaglikse pligte en in die maak van die kos.
Haar skoonma leer haar oor die gewoontes van die familie. Sy moes 'n verskeidenheid van reëls nakom en in ag neem in haar gedrag teenoor haar skoonpa en haar man se broers. Sy trek in haar eie muti in na die geboorte van haar eerste kind, maar gaan voort met die gebruik van haar skoonma se kook area totdat haar man se jonger broer trou. Sy vrou moet dan by die skoonma intrek.
Wanneer 'n jong ma in haar eie huis intrek en haar eie kombuis area besit vorm sy, haar man en hul kind ʼn hegte eenheid in hul muti. Aanvanklik het hulle in die man se pa se huis gebly maar sodra die man ander vroue gevat het was die vestiging van sy eie muti nodig. Die gewone praktyk was vir die seun om óf langs sy pa se huis te bou of om sy pa se muti uit te brei. Met verloop van tyd het dit gelei tot 'n geslag of stam vorming soos nuwe generasies bygevoeg het tot die nedersetting.
Familie verhoudings is deur die huwelik versterk want in die daaropvolgende huwelike is daar voorkeur getoon vir die jonger susters van die eerste vrou. ʼn Man se eerste vrou kon aandring op die verkryging van ander vroue vir hom omdat dit haar status in die samelewing versterk en help om die werklas van die muti tussen die vroue en hul kinders te verdeel.
Dit het beteken dat die kerngesin ontwikkel het tot 'n funksionering en ekonomiese eenheid wat bestaan uit verskillende families waarin elke individu 'n spesifieke status en verantwoordelikheid het om by te dra tot die algemene welsyn van almal.
Translated by Wilma Koeppen