Hoe om 'n Varkras te Kies

©Glenneis Kriel
Black skinned breeds are less vulnerable to sunburn than improved breeds.
Wanneer jy met 'n varkboerdery begin, moet jy 'n varkras kies wat jou vlak van vaardigheid en bestuur sal pas. Volgens ‘Varke vir wins’ deur dr. Jim Robinson en Mary Louise Penrith, kan varkrasse verdeel word in twee hoofgroepe, naamlik onverbeterde en verbeterde rasse. Die onverbeterde varkrasse is meestal plaaslike varke en inheemse rasse, soos die plaaslik- geteelde Kolbroek of SA Landras, wat geskik is vir vryloop (‘free range’) stelsels en meer ekstensiewe produksiestelsels. Die verbeterde rasse is moderne rasse, soos byvoorbeeld die Groot Wit (Large White) of Duroc, word hoofsaaklik gebruik in intensiewe kommersiële produksiestelsels.

Onverbeterde Varkrasse

Die onverbeterde rasse is 'n goeie keuse as jy 'n beginnerboer is met 'n min ervaring van varke, as jy nie die kwaliteit behuising en voer het wat nodig is vir 'n moderne ‘verbeterde’ varkras nie en as jy 'n mark het wat hierdie tipe varkvleis verkies. Wat meer is, jy sal nie van al jou varke hoef af te sien as jy later wil opgradeer na 'n hoër vlak van bestuur nie. Jy kan net 'n moderne beer of kunsmatige inseminering op jou sôe gebruik om die produktiwiteit in jou varktrop te verbeter.
Hierdie rasse is gewoonlik swart of donker-gespikkeld wat hulle minder sensitief maak vir sonbrand. Hulle is gehard en kan 'n wye reeks van temperature en klimate verdra, is weerstandbiedend vir siektes en vereis min bestuur, wat hulle ideal maak vir vryloop (‘free range’) of dorpsproduksie. Hulle het ook lae water- en voedingsveresites, maar sal vanselfsprekend beter groei hoe beter jy daarvoor kan sorg.
Terwyl hierdie rasse meestal goeie moederinstinkte het, lewer die sôe werpsels met vyf tot agt varkies, hoewel hulle meer kan lewer as hulle goed gevoer word. Een ander nadeel van inheemse varkrasse is dat hulle klein tot medium van grootte is en vleis met baie vet lewer. Dit is daarom belangrik om seker te maak dat daar 'n behoefte aan hierdie vleis is voordat 'n boerdery met hierdie rasse begin word.

Verbeterde Varkrasse

©National Pork Board and the Pork Checkoff. Des Moines, IA USA.
Hierdie rasse is gewoonlik groot withuidvarke met fyn yl wit hare wat hulle sensitief maak vir sonbrand. Hulle ly maklik aan hittestres wanneer temperature te warm raak en is nie so immuun teen siektes soos die onverbeterde rasse nie. Verbeterde varkrasse vereis goeie bestuur, goeie kwaliteit voer en water om goed te produseer. Aan die positiewe kant is hulle baie produktief en word groter werpsels gebore, maar sôe het soms hulp nodig met die grootmaak van hul varkies. Hulle produseer vleis met ‘n laer vet tot vleis verhouding in vergelyking met onverbeterde inheemse varkrasse.

Translated by Hazel Oliver