Hoe om Sorghum te Kweek

©Rik Schuiling TropCrop-TCS
Sorghum is 'n vinnig-groeiende gewas wat hoë temperature vereis vir ontkieming en groei, alhoewel hoë temperature die opbrengs verminder. 'n Temperatuur van 27°C tot 30°C is nodig vir optimale groei en temperature wat laer as 0°C is sal die plant beskadig. Sorghum benodig nie besproeiing nie, maar moet geplant word wanneer die grond klam is.
Die sorghum vaar beter as mielies tydens droogte. Dit kan in rotasie gekweek word met 'n peulgewas (soos akkerbone) wat voordeel trek uit die stikstof wat deur die peulgewas verskaf word.
Sorghum groei in beide hoë en lae reënvalgebiede en moet tussen 2.5 cm ('n vingerwydte in swaar grond) en 5 cm diep in sandgrond geplant word. Sorghum kan besoedelende stowwe verduur en groei in giftige grond, wat meeste ander plante doodmaak.
Sorghum is sensitief vir virusse en bakteriese siektes wat kan lei tot lae opbrengs en swak gehalte, maar dit kan beheer word deur gebruik te maak van siektevrye sade en weerstandbiedende kultivars. Sorghum kan vatbaar wees vir Chilo-boorder, mieliestalkboorder, plantluise en bolwurm.

Oes van Sorghum

Weiding is die goedkoopste metode om sorghum as dierevoer te benut, aangesien die diere hulself kan help. Meganiese oes word gedoen wanneer sorghum vir kuilvoer gebruik word, maar as die korrels/saad geoes word kan dit met die hand gedoen word en die koppe op die grond of dorsvloer gedroog word. As die hele plant gesny word, moet dit in die veld gelaat word vir 10 tot 14 dae om te droog en moet gedors word om die saad van die kaf te skei.
Wanneer sorghum groen geoes word kan ‘n opbrengs van groenmateriaal van 20 ton - 75 ton per hektaar verwag word. Sorghumgraan word volgens moutkwaliteit gegradeer en is beskikbaar as voedsel, mout - of voedsorghums.
Sorghum saad moet gesorteer en skoongemaak word voordat dit verpak word. Klippe, insekte en ander vreemde voorwerpe moet eers verwyder word. Dit moet droog gestoor word, styf verpak en moet weggehou word van diere of insekte.

Translated by Hazel Oliver