Guitarfish
Sandkruiper

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Sandkruiper

Alias

Vioolvis, Ghitaarvis

Wetenskaplike naam

Rhinobatidae

Grootte

Tot 3m

Identifikasie

Lang, plat, direhoekige kop met ‘n geronde neus. Langwerpige liggaam met groot, dik stertvin.
Eenderse dorsale vinne op die rug. Donkerder, soms met kolle, op die rug en wit pens.

Algemene Inligting

Die Rhinobatidae familie bestaan uit 7 genera en 45 spesies. As bedreig gelys. Mond, neeusgate en kiefopeninge aan die onderkant, terwyl oë en asemhalingsopeninge aan die bokant is. Tande is klein en stomp in albei kakebene. Soms in soutwaterlagunes aangetref. Ovovivipaar. Kleintjies ten volle ontwikkel gebore. Tot 10 kleintjies kan gebore word.

Voeding

Leef van sebodemlewende ongewerwedes, weekdiere en klein vissies.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Bowmouth guitarfish - Rhina ancylostoma
Giant guitarfish - Rhynchobatus djiddensis
White-spotted guitarfish - Rhinobatos punctifer