Die Pedi kultuur onderskei tradisioneel skerp op alle vlakke tussen die geslagte. Dit beïnvloed elke terrein van hulle lewe, van die knope wat hulle gebruik om hulle klere te bind,met die mans wat rif-knope en vroue ouma-knope gebruik, tot inisiasie, status in die gesin en gemeenskap en die verdeling van arbeid. Vroue het landbou werk gedoen en mans en seuns het met die beeste/vee gewerk. Manlike oorheersing is versterk in die daaglikse lewe: byvoorbeeld by etes sit mans en geïnisieerde seuns saam en word eerste bedien, en vroue eet saam met die ander kinders.
Vroue was wetlik, en is dikwels nog steeds, gesien as ewige minderjariges en moes onder 'n manlike voog bly. Wanneer vroue getrou het het hulle hul mans se status aanvaar. Soos bv. is 'n vrou wat doodgewoon gebore se status verhoog as sy met ʼn edele in die huwelik tree en moet haar ouer suster haar dan biedien. Sy kan egter nooit uitstyg bo die vlak van haar broers nie. Erfenis en opvolging is oorgedra deur die manlike lyn, en vroue het by hulle mans in hul huise gebly. Dit is soms nog die geval vandag. Baie families verkies egter dat hulle dogters eerder as hul seuns hul velde en woonhuise erf, aangesien dogters - veral dié wat nie afhanklik is deur die verpligtinge van huwelike nie, beter agter die ouers sal kyk as wat die seuns kan.
Tradisionele Pedi kultuur het meer uiters as die meeste ander mans-georiënteerde samelewings onderskeid getref tussen die geslagte en was geneig om amorele kwaliteite en asosiale gedrag aan vroue toe te skryf. Die inherente dwang om kwaad te doen en toordery in die nag was uitsluitlik geassosieer met die vroue, en word van geslag tot geslag van moeders na hul dogters oorgedra. Dag toordery kon deur mans of vrouens toegepas word en was net af en toe gebruik om iemand skade aan te doen.
Translated by Wilma Koeppen