Witroes, ook genoem oïdium word veroorsaak deur die swam Uncinula necator en word beskou as die ernstigste swam wingerdsiekte. Simptome van oïdium kan op die blare, lote en trosse waargeneem word. Die eerste simptome is gewoonlik vaal groen vlekke (nie olie vlekke) op die blare.
Wanneer die blaar teen die lig gehou word, sal grys-wit haartjies op die vlekke gesien kan word. By jong lote kom grys-wit vlekke voor wat later swart vertoon en trosse wys grys-wit swamgroei kom op korrels en stingels. Oïdium veroorsaak wan-geure in wyn. Oïdium spore bly dormant binne die knoppies en word dadelik vrygestel wanneer die knoppies being bot.
Die stok is dus dadelik vatbaar vir besmetting en die siekte moet dus vroeg in die seisoen beheer word. Die wingerdplante moet gespuit word vir oïdium of witluis (wat ook die siekte kan versprei) op 2, 4 en 6 weke na bot. Dit is egter van die uiterste belang om betyds te begin, by 2 cm tot 5 cm lootlengte en om nie die intervalle tussen bespuitings te “rek” nie.
Net soos met donsskimmel word oïdium beheer met kontak of sistemiese middels, maar die siekte toon gou weerstand wanneer net een middel gebruik word. Kultivars soos Chardonnay, Chenin blanc, Riesling, Sémillon, Pinotage, Sultana en Muskadel, wat geil groei, is byvoorbeeld vatbaarder as van die ander kultivars.
Daar is ook verskeie wingerdpraktyke wat swamgroei kan beperk: Pas goeie loofbeheer toe en beheer onkruid in die wingerd. Beperk stikstofbemesting by geilgroeiende wingerd. Besproei wanneer wingerd reeds vogtig is byvoorbeeld in die oggend. Opleistelsel, ryrigting en ligging kan bydra om wingerdblare vinnig te laat afdroog.
Translated by: Marinda Louw