Die Richtersveld

'n Onwaarskynlike Paradys

©Shem Compion
Die Richtersveld is in die uiterste noordwes van Suid-Afrika geleë. Sodanig is dit ver weg van alles, afgesonder deur die Atlantiese Oseaan in die weste, die Namibwoestyn in die noorde en die dorre savanne van die Kalahari in die ooste. Dit is 'n droë streek, tegnies 'n woestyn, met 'n gemiddelde reënval van onder 220 mm. Berge en kaal rotse strek oor die vlaktes. Vetplante met dik blare kleef aan die rotse en steek hulself weg in die skadu.
Somertemperature kan tot meer as 50 grade styg en dit is geneig om tot onder vriespunt te gaan in wintermaande. Die enigste meerjarige waterbron is die magtige Oranjerivier, wat onbewus deur die dorre landskap vloei. Richtersveld is een van die mees uiteenlopende woestyne in die wêreld.
Dit het ook 'n lang en waardevolle kulturele tradisie wat gekenmerk word deur die tradisionele Nama-boere wat al meer as 2000 jaar lank hul bokke wei. Die natuurlike en kulturele integriteit van die streek is waardevol, en dit is die geografiese isolasie van die streek wat sy relatiewe ongerepte toestand verseker het. Met ander woorde, dit is so moeilik om te begryp die verskillende koloniserende kragte, eenvoudig nie ‘n manier kon vind om Richtersveld winsgewend te benut nie.

Unieke Deel van Afrika

©Shem Compion
So, wat beteken dit alles vir iemand wat die Richtersveld vandag wil uitkyk? Wel, in terme van menslike ontwikkeling, is daar min paaie en nog minder mense. Slegs 'n handjievol klein dorpies bied enige vorm van sosiale en toerisme-infrastruktuur. Ekonomiese aktiwiteite is baie beperk. Daar is 'n kleinskaal kommersiële landbou op die breedte van die Oranjerivier, maar die grootste aktiwiteit in die gebied is diamant mynbou (wat blykbaar beheer word deur maatskappye wat onder 'n ondeurdringbare sluier van geheimsinigheid werk). Die Richtersveld is redelik toeganklik en dit is nie moeilik om 'n reis na hierdie unieke deel van Afrika te beplan nie.
Richtersveld kan nie uit konteks verstaan ​word nie. Hierdie streek is soos 'n ui; 'n reeks konsentriese sirkels met verskillende botaniese biome, politieke distrikte en kulturele groepe wat saam bestaan. Die Richtersveld is deel van die wyer Namakwaland-streek, en die een kan nie sonder die ander bespreek word nie.

Namakwaland

©David Fleminger
Soos die Richtersveld is Namakwaland 'n droë en ietwat afgeleë streek. Sommige bronne wys dat sy bevolking digtheid legs 1 persoon per kwadratkilometer is. Die eerste geteerde pad in die streek is eers in die 1960's gebou. Gevolglik is die dorpe klein en ver verspreid, afgesonder van groot gebiede on omring deur onherbergsame grond. Maar soos die Richtersveld is dit 'n verlydelike plek om te besoek en toeganklik vir reisigers.
Vir die meeste mense word Namakaland ageassosieer met die 'madeliefies'. Daar is ‘n jaarlikse wilde blomme skouspel waar miljoene plante blom. Hierdie jaarlikse vertoning is 'n moet sien en die Namakwaland-distrik word oorompel met toeriste gedurende die blomseisoen. Ongelukkig hou die blomme nie by 'n rooster en nie dit is moeilik om op die regte tyd die blomme te vang.

Die Ideale Tyd om te Besoek

Die Richtersveld is ‘n woestyn waar dieselfde reëls van toepassing is. Die somer maande (middel Oktober tot middel Februarie) is baie warm en droog, en die temperature is byna 50 grade hoog. Die wintermaande (Mei tot Julie) kan koud en nat wees, veral saans en vroeë oggend. Dus is die warm seisoene jou beste weddenskap. Probeer verkieslik om die Richtersveld gedurende die blomseisoen vroeg in die lente (einde Julie tot middel September) te besoek.
Die temperature is gemaklik en die weer is gewoonlik goed. Verder is dit die tyd van die jaar wanneer baie van die plante blom en die landskap inkleur soos 'n Jackson Pollock-skildery. Let wel dat daar geen waarborge op hierdie kleurspel is nie. Partykeer sal dit reën vir 24 uur lank met 'n vriesende wind het van die kus af inblaas. Mens weet nooit.

Translated by Hazel Oliver