Cape Ground Squirrel
Waaierstert-grondeekhoring

© Nigel J Dennis

Naam

Waaierstert-grondeekhoring; waaierstertmeerkat [Xerus inauris]

Voorkoms

Die Kaapse grondeekhoring is 'n knaagdier endemies aan Suid-Afrika. Dit meet 450 mm lank en weeg tot 1 kg. Bokant is kaneelkleurig met 'n laterale wit streep aan weerskante van die liggaam. Die eekhoring het ‘n wit pens en die kenmerkende bosagtige waaieragtige stert het swart hare met wit punte. Die pels is grof met ‘n sagte onderpels. Sy winterpels is gewoonlik langer as die somerpels.

Dieet

Oorwegend plantvretend, en vreet hoofsaaklik wortels en bolle wat met kloue en voortande uitgrawe word. Hierdie harde voedselitems word in ʼn tipiese knaagdier-metode met die skerp snytande gekerf. Die eekhoring vreet altyd die sappigste plante beskikbaar. Hulle eet af en toe termiete gedurende die somer.

Voortplanting

Alhoewel wyfies op ses maande geslagsgereed is, word slegs dié ouer as ‘n jaar toegelaat om te paar. Wyfies het twee pare tepels en het gewoonlik twee tot ses kleintjies per werpsel. Elkeen weeg 20 gram. Kleintjies is onotwikkeld en naak by geboorte. Om hulle te versorg, blyk 'n sosiale plig te wees, aangesien hierdie taak deur verskeie wyfies in 'n kolonie verrig word.
Slegs een volwasse mannetjie word as dominante mannetjie geduld deur die dominante wyfie, wat gewoonlik vergesel is deur hul kleintjies van die vorige twee jaar. Verspreiding van nageslag na kolonies in aangrensende gebiede vind eers na twee jaar plaas. Hierdie verspreidingspatroon maak voorsiening vir die vorming van nuwe groepe en vergemaklik gene vloei.

Habitat

Habiteer intermitterende struikgewas. Waar Kaapse grondeekhoring eekhorings voorkom, wissel die oppervlak van growwe sand tot die harder, fyn kleigrond van panne en rivierbeddings.

Veldnotas

Baie soortgelyk in gewoontes en fisiese voorkoms aan die bergwaaierstertgrondeekhoring [Xerus princeps]. Alhoewel vervolg deur boere, is die getalle van die Kaapse grondeekhoring stabiel.