Basotho Inisiasie Rituele

Inisiasie van Basotho Mans

©Dr Peter Magubane

Voor sendelinge skole bekendgestel het, het onderwys plaasgevind tydens inisiasie, wat die  vooruitgaan na volwassenheid aangedui het. Die sendelinge het beswaar gemaak teen hierdie inisiasie, en dit het skaars geword tydens koloniale jare, behalwe onder die Tlokoa wat in die berge gebly het. In die afgelope jare, het dit 'n groot oplewing gesien, en die meeste jong mense word vandag geïnisieer. 

Vir jare voordat die seuns geïnisieer is het die seuns inisiasie as 'n belangrike en opwindende deel van hul opvoeding gesien, waarsonder hulle nie kon deelneem aan 'n paar sosiale aktiwiteite en belangrinke sake nie. ʼn Groot deel van misterie was rondom die inisiasieskool, wat in 'n blyplek (mophato) plaasgevind het wat gebou is op 'n afgeleë plek in die berge, en die seuns het nie geweet wat om te verwag nie.

Die mophato is geopen deur 'n reeks van rituele en feeste blywende vir tot drie dae; die geïnisieerdes se ouers en familie het bymekaargekom, en daar was baie bier drinkery, en feesvieringe.

Omstreeks middernag, is die seuns weggelei na die plek waar die mophato  gevestig is. Met sonsopkoms was elke seun op sy beurt na 'n geïsoleerde plek geneem, waar hy deur spesiale opgeleide mense wat aan al die aspekte van die inisiasie deelgeneem het, besny is.

Wanneer die besnydenis verby was, was die seuns in die veld gelos om te herstel. Na 'n ruk, is 'n groot bak medisyne, gemaak van geroosterde bottervet gemeng met die kragtige narkotiese invloed van die bol van die leshoma plant, en aan hulle gegee om te drink om die pyn te verdoof. Die mophato is gebou deur die manne wat verantwoordelik is vir die inisiasieproses, en die seuns is daarin ingelyf. Vir die volgende drie maande het hulle onderrig ontvang in sang, dans, geskiedenis en sosiale etiket, insluitend gedrag en moraliteit. Kuisheid, eerlikheid, betroubaarheid, moed, nederigheid en respek vir ouers, ouderlinge en die hoof van die stam is beklemtoon. Seksuele opvoeding was in die vorm van aanmoediging om nie eg te breek nie.

Fisiese uithouvermoë is getoets deur middel van strawwe staptogte oor die berge, en emosionele sterkte is getoets deur teen alle ure wakker gemaak is om liedjies te oefen en vrae te beantwoord. Hul slaap was selde lank, omdat hulle net een vel  kombers gehad het om te dra en onder te slaap, en inisiasies is in die winter gehou wanneer temperature dikwels onder vriespunt gedaal het.

Op die laaste dag van die inleiding, is die kleipotte wat gebruik was om die kos in te stoor verpletter en die mophato is afgebrand, om die oorgang van die ou na die nuwe te simboliseer. Die geïnisieerdes is terug verwelkom deur die hoof van die stam deur 'n uitgebreide seremonie.

Inisiasie van Basotho Vroue

©Dr Peter Magubane

Basotho meisies tussen die ouderdomme van 15 en 20 is ook geïnisieer; die proses was minder uitmergelende as vir die seuns, maar die doel was dieselfde: om 'n seremonie uit te voer wat tienermeisies in die volwasse wêreld sal inbring. Dit was ook 'n gesogte, maar nie noodsaaklike, voorspel tot die huwelik, en daar was soms geglo dat dit vrugbaarheid aanmoedig.

In sommige gevalle, wanneer 'n oningewyde vrou onvrugbaar was het haar man haar gestuur om weer geïnisieer te word. Vandag het inisiasies 'n nuwe, sterk houvas en is vasgebind aan 'n vasberadenheid om kulturele aktiwiteite te gebruik as 'n teken van 'n Basotho identiteit en Afrikaanskap.

Terwyl dit nog soortgelyke patrone volg as in dié van die verlede, het dit verander om moderne omstandighede te akkommodeer. ʼn Besonderse herkenbare verandering is dat kontemporêre inisiasieskol van baie korter duur is as in die verlede, alhoewel hulle uithouvermoë toetse steeds so streng bly.

Translated by Wilma Koeppen