Baberproduksie in Suid-Afrika

©Nigel Dennis

Die baber is ‘n warmwatervis wat vinnig groei en geskik is vir produksie in warmwatersisteme. Baberproduksie in Suid-Afrika is beperk maar toon geweldige potensiaal.

Kenmerke van Babers

Daar is min varswatervisspesies wat meer as een van die volgende kenmerke bied vir akwakultuur:

Vinnige groei. Babers kan binne 6 maande 1 kg weeg.
Goedkoop om te voer. Babers eet ‘n groentegebaseerde kos.
Baie vrugbaar: Hulle kan tot 50 000 eiers per liggaamsmassa produseer en sal elke 8 weke eiers voortbring.
Asem lug in, dus is lae suurstofvlakke in die water nie ‘n probleem nie.
Laat uiters hoë dighteidsboerdery toe – tot meer as 500 kg vis per 1000 liter water.
Baie gehard in terme van waterkwaliteit.
Uitstekende viskwaliteit, met geen grate in die filet nie.

Een spesies, die skerptand baber Clarias gariepinus beskik oor al bogenoemde kwaliteite en is letterlik die wêreld se beste akwakultuurspesies. Dit is daarom nie ‘n verrassing dat die globale produksie van hierdie spesies besig is om teen ‘n snelle tempo toe te neem nie.

Wêreldproduksie van Babers

©Leslie Ter Morshuizen

Die vernaamste baberproduksie vind in Nigerië in Wes-Afrika plaas, maar daar is verskeie ander lande wat meer en meer van hierdie verstommende vis produseer, insluitend Holland, Hongarye en Kuba.

Ongelukkig is Suid-Afrika nog ver agter ten spyte van geweldige beleggings in die plaaslike boerdery met hierdie vis in die 1990’s. Belangstelling in die boerdery met babers het doodgeloop na ‘n paar jaar. Betrokkenes in die bedryf het te veel gefokus op die produksie en te min aandag gegee aan die bemarking van die vis. Toe hulle uteindelik gereed was om hul vis te verkoop, het hulle ontdek dat daar aansienlike verbruikersweerstand teen baber is in Suid-Afrika, weens religieuse besware omdat die vis nie skubbe het nie en die persepsie dat die baber ‘n aasvreter is.

Daar is ‘n oplewening in die baberboerdery vir die plaaslike aanvraag, hoewel uitvoeraanvraag ook bestaan. Etlike kleinerige boerderye het weer versigtig begin nadat geleer is uit die foute van die verlede. Elkeen vorder langsaam en maak seker dat hulle reeds ‘n mark het vir die produk soos hulle vorder.

Een grootskaalse baberboerdery het ‘n hub ontwikkel in Graaff-Reinet. Hier word met babers geboer, die vis word verwerk in baberprodukte soos wors en viskoekies (patties) en produkte word deur die Oos-Kaap versprei. Alle avalprodukte word verwerk in troeteldierkos. Intensiewe marknavorsing is tydens die beplanningsfase gedoen om te verseker dat ‘n mark werklik bestaan vir hulle toegevoegde-waarde produkte.

Translated by Elna Van Rhyn