Intieme Grasdak Lodge - Aktiwiteite
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Safari Lodge at Amakhala bied nie net daaglikse wildbesigtigingritte in die Amakhala Wildreservaat aan nie, maar ook begeleide bos wandelinge en bootritte.

Wildbesigtiging

Amakhala Wildeservaat het ontstaan as ’n grond rehabilitasie projek. Hierdie projek het beoog om grond wat voorheen slegs vir boerdery gebruik was, terug na die oorspronklike vorm te ontwikkel sodat die wild wat natuurlik in die area sou voorkom weer op die grond kan floreer. Die inheemse wild en plantegroei wat nou op die grond floreer, het daarna gelei dat die area in ’n reservaat en hoogs gerespekteerde konservasie area in verander het.

Vandag kan gaste op wildbesigtigingsritte in die reservaat ingaan en wild soos die Groot Vyf, jagluiperd, sebra, kameelperd asook troppe bokke sien. Selfs kleiner en meer geheimsinnge wild kan in hierdie reservaat gesien word, so hou jou oë oop!

Die wildbesigtigingsritte word deur ervare gidse in 4x4 safari-voertuie onderneem. Gidse doen hulle bes om jou so naby moontlik aan die die diere te bring, sodat jy in verwondering na hulle kan kyk en ongelooflike fotografiese geleenthede het.

Bos Etes

Heerlike Afrika-geïnspireerde maaltye word in die eetkamer of buitelug boma bedien. Safari Lodge at Amakhala het ’n verskeidenheid Suid-Afrikaanse wyne waaruit jy kan kies om jou maaltyd te vergesel. Maaltye word aangekondig met die blaas van ’n kudu horing. Met tye word jy bederf met tradsionele sang en dans voor jou maaltyd.

Peuselhappies en ververssings word op wildbesigtigingsritte bedien en in die oggend is daar ’n gekookte ontbyt met tuisgemaakte brood. Die gastronomiese ervaring kan vergelyk word met die wonderlike wildbesigtigingservaringe.

Spesialiseerde Aktiwiteite

Jy kan ook ’n massering en spa behandeling in die behandelingskamer of die privaatheid van jou eie suite geniet.

Sterrekyk by Safari Lodge at Amakhala beloof ’n onvergeetlike ervaring. Die teleskoop laat jou toe om helder en ver in die hemelruim in te loer en die Suidelike Hemelruim beter te leer ken.