Intieme Grasdak Lodge
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Safari Lodge at Amakhala is geleë in ’n inheemse bos in ’n vallei by die noordelike punt van die Amakhala Wildreservaat, is ’n toevlug van rus en vrede – ’n wegbreek van die stadslewe.

Hoogtepunte

Safari Lodge at Amakhala is in die noordelike gedeelte van die malaria-vrye Amakhala Reservaat - waar konservasie eerste kom - geleë
Intieme Grasdak Lodge – gedeeltelik seildoek, hout, grasdak en riet met ’n kunstige gepunte dak
Groot Vyf besigtinge, asook moontlike jagluiperd besigting
Bootrit op die Boesman’s rivier – ideale voëlkyk geleentheid
’n Sterrekyk platvorm en ’n teleskoop

Jou Ervaring

Hierdie Afrika-styl luukse lodge in die Amakhala Wildreservaat is in die vallei van inheemse bos in die noordelikde deel van die Amakhala Wildreservaat geleë. Die wildbesigtigingsritte sal jou in die park inneem, opsoek na die Groot Vyf, asook jagluiperd, bokke en ander kleiner wild. Safari Lodge at Amakhala se akkommodasie bestaan uit luukse grasdak suites, elk met sy eie plonspoel en besigtigingsdek.

Vanaf die suites en die lodge se ontspanningsarea het jy ’n uitsig oor die bos en ’n watergat waar wild gereeld kom drink. Ape, sebra en somtyds selfs olifant – as jy gelukkig is – kom drink reg voor jou deur. Spandeer jou tyd tussen wildbesigtigingsritte en begeleide bos wandelinge by die hoof lodge deur op een van die gemaklike rusbanke uit te strek, en neem die uitsig in gemak en styl in.