Intieme Grasdak Lodge - Jou Verblyf
Amakhala Wildreservaat, Oos-Kaap

Elkeen van Safari Lodge at Amakhala se privaat suites is gedekoreer met Afrika kuns en ontwerp, met aandag aan detail regdeur die lodge.

Jou Kamer

Hierdie intieme grasdak lodge bied suites met 'n seildoek en blindings wat op die besigtigingsdek van die suite kan oopmaak. Jy kan heerlik in die Afrika son lê en bak, of ’n yskoue drankie in gemak en privaatheid op jou stoep geniet.

Die luukse suites het ’n aparte ontspanningsarea. Al die suites het ’n groot bad, asook ’n dubbelstort. Lugverkoeling en ondervloerverhitting verseker dat jy gemaklik sal bly in enige weersomstandighede.

Fasiliteite

Daar is ’n ontspanningsarea met ’n Afrika-styl vuurmaakplek, gemaklike leerbanke en natuurlike kleurskema afrondings wat luuksheid uitstraal.

Maaltye word by die hoof lodge bedien en kan binne of buitelug plaasvind, afhangend van die weer. Elke maaltyd is steeds ’n stylvolle geleentheid. Die buitelug etes vind plaas langs ’n oop boma vuur, onder ’n kombers van sterre en sal ’n geleentheid wees wat jy vir altyd sal onthou.

Die bibliteek bied ’n aparte stil plekkie waar jy die Afrika atmosfeer kan inneem. Wi-Fi is in alle publieke areas beskikbaar.