African Black Oystercatcher
Swarttobie

© Roger de la Harpe
African Black Oystercatcher.

Naam

Swarttobie (Haematopus moquini)

Familie

Haematopodidae (Tobies)

Lengte

51 cm

Habitat

Beperk tot die see, eiland, strandmeer en riviermondings.

Roep

Die alarmroep is ’n reeks skerp ‘pieka-pieka’ klanke en die gewone roep is ’n duidelike herhalende ‘kle-whiep klank.

Voortplanting

Broeityd is van Oktober tot Maart. Een tot vier eiers word in ’n effense hol nes uitgevoer met stukkies afval plantmateriaal of ’n paar stukkies gebroke skulpe gelê. Die eiers is klipkleurig, met vlekke wat wissel van dof pers tot donker swartbruin. Inkubasie 28 - 30 dae. Kuikens kan op ongeveer 45 dae oud vlieg.

Voorkoms

Die volwasse swarttobie is heeltemal swart met rooi bene en ’n oranje-punt rooi snawel. Wigvormige snawel, wat effens langer as die kop is, dit kom nie by die punt bymekaar nie en is plat, die kante is egter saamgepers om dun lem-agtig by die punt te wees. Die bene kort, met net drie tone. Helder rooi oë omring deur oranje.

Onvolwasse voël

Jong voëls is ’n dowwer gevlekte bruinswart met ’n wit onderkant en bruin-oranje bene.

Bewaringstatus

Algemeen, maar kwesbaar

Verspreiding

Die swarttobie is wyd versprei langs die Suid Afrikaanse kus, maar baie skaars op plekke. Dit word by rotsagtige kus, strandmeer en riviermondings gesien.

Veldnotas

Die swarttobie word beskou as ’n kwesbare spesie, hoewel redelik algemeen langs die kus van Suid Afrika en Namibië. Een van die hoofredes hiervoor is dat die neste van die swarttobie deur menslike aktiwiteite versteur word.