White-Throated Monitor
Veldlikkewaan

© Tyrone Ping

Naam

Veldlikkewaan, Boomlikkewaan of Kliplikkewaan (Varanus albigularis albigularis)

Bevolkingstatistiek

Klas: Reptilia (Reptiele)
Orde: Squamata (Skubreptiel)
Familie: Varanidae
Lengte: Beide geslagte: 400 – 500 mm

Subspesies

Veldlikkewaan (V. a. albigularis), Angola veldlikkewaan (V. a. angolensis), Oostelike veldlikkewaan (V. a. microstictu).

Beskrywing

Die veldlikkewaan is ’n baie groot akkedis met sterk, stewige ledemate en skerp kloue. Die kop het ’n bolvormige snoet, met spleet-agtige neusgate wat nader aan die oë as aan die einde van die snoet is. Die rug is ’n donker grysbruin met 5 - 6 dowwe geel donker omkringde kolle en dwarsstrepe.

Verspreiding

Regdeur die savanne en semi-woestynstreke van die subkontinent, maar afwesig in die Wes-Kaap. Elders kom dit in die Savanne van Oos-Afrika voor.

Voortplanting

In die vroeë somer word 8 - 51 eiers gelê afhangende van die grootte van die wyfie. In aanhouding broei die eiers binne 110 - 120 dae uit, maar dit neem baie langer in die natuur.

Dieet

Die dieet bestaan hoofsaaklik uit duisendpote, kewers, sprinkane en slakke.