Voeding van Voedselafval aan Varke

©Glenneis Kriel
Feeding of acorns on its own will not be enough to raise healthy pigs.
Wat kwalifiseer as afval? Afval (‘swill’ in Engels) is die tradisionele term vir voedselafval of afvalkos wat in kontak was met vleis of vleisprodukte. Volgens die Wet op Dieresiektes (Wet 35 van 1984), is dit teen die wet vir boere om sulke afval uit hul eie kombuise, bote, restaurante, hospitale en hotelle aan varke te voer, tensy dit vir ten minste ‘n uur gekook is om die patogene te vernietig. Dit beteken ook dat varke weggehou moet word van vullis en dooie diere.

Ander Byprodukte as Varkvoer

©Glenneis Kriel
If cheese is produced on a farm, whey can help to reduce pig feeding costs.
Ander afval en byprodukte, soos vrugte- en groente-reste, plantaardige afval soos mieliestronke en blare, kos verby die vervaldatum soos ou brood, hondepitte, melk, wei van kaasmaak en afval van brouerye mag gevoer word.
Wanneer hierdie byprodukte gebruik word, moet boere ekstra versigtig te wees om te verseker dat die byprodukte nie aanraking was met dooie diere en geen gifstowwe of skadelike chemikalieë bevat nie.
Om slegs afvalkos aan varke te voer sal 'n negatiewe impak hê op die gesondheid en groei van die dier. Volgens die Suid-Afrikaanse Varkprodusente Organisasie (SAVPO) se handleiding ‘Varke vir Wins’, sal varke wat net ou brood vreet, dit eerder as vet stoor in plaas daarvan om dit in vleis om te sit.
Dit kan ook ander gesondheidsprobleme veroorsaak. Dit geld ook vir groen voer wat beskou moet word as 'n vitamien-aanvulling eerder as ‘kos’.

©Glenneis Kriel
Make sure that by-products from mills do not contain any contaminents or harmful products.
Die manier om te besluit oor voeding vir varke is om met ‘n dierevoedingkundige te praat. Die voedingkundige sal die voedingswaarde van die afvalprodukte wat jy wil gebruik, bepaal en 'n gebalanseerde rantsoen ontwikkel wat sal help om voedingstekorte te voorkom. Varke wat nie ‘n gebalanseerde rantsoen ontvang nie, sal ly aan stres, stadiger groei en is meer vatbaar vir siektes.

Translated by Hazel Oliver