Spotted Bush Snake
Gespikkelde Bosslang

© Tyrone Ping

Naam

Gespikkelde Bosslang (Philothamnus semivariegatus)

Bevolkingstatistiek

Klas: Reptilia (Reptiele)
Orde: Squamata (Skubreptiel)
Familie: Colubridae
Lengte Vroulik: 850 mm
Lengte Manlik: 825 mm

Beskrywing

Die gespikkelde bosslang is ’n baie skraal slang met ’n plat, duidelike kop en ’n lang stert. Die lyf is heldergroen tot olyfkleurig, gewoonlik met donker kolle op die voorlyf se strepe wat ’n brons-grys word agtertoe. Die kop is groen of blougroen.

Verspreiding

Die gespikkelde bosslang word in die noordelike streke aangetref wat tot in die Kalahari en Noord-Kaap strek, naamlik Namakwaland in die weste en Port Elizabeth in die ooste. Elders kom dit deur Sentraal-Afrika na Soedan en Guinee toe voor.

Voortplanting

Die wyfie lê 3 – 12 langwerpige eiers in die midsomer.

Dieet

Die gespikkelde bosslang eet geitjies, verkleurmannetjies en boompaddas.

Veldnotas

Die gespikkelde bosslang is nie ’n goeie troeteldier nie, aangesien dit nie in aanhouding eet nie.