Sitrus Tipes

©Louise Brodie
©Louise Brodie
©Louise Brodie
©Louise Brodie

Lemoene
Die mees algemeen geproduseerde lemoen tipes in Suid-Afrika is Nawels en Valencias. Nawels word oor die algemeen ryp voor Valencias. Die nawels word gekenmerk deur die miniatuur "tweede" interne vrug wat ontwikkel op die basis van die vrugte. Die vrugte word nawels genoem omdat dit lyk soos 'n mens se naeltjie. Valencias is vernoem na die Spaanse stad van Valencia hoewel sy ware oorsprong nie bekend is nie. Valencias is oor die algemeen baie soet, het 'n dunner vel as nawels en word grootliks verbou vir die maak van sap. 

Lemoene is by verre Suid-Afrika se grootste sitrus tipe en verantwoordelik vir sowat 60% van Suid-Afrikaanse sitrus uitvoere. Die Suid-Afrikaanse Valencia oeste is die grootste sitrus tipe word geproduseer en uitgevoer uit Suid-Afrika word en is min of meer dubbel die produksie volumes van nawels.

Suurlemoene en Lemmetjies
Suurlemoene en lemmetjies is twee afsonderlike soorte vrugte. Suurlemoene word hoofsaaklik verbou in gematigde klimate, terwyl lemmetjies algemeen geproduseer word in tropiese en subtropiese klimaat. Beide hierdie vrugte het 'n suur  smaak en word wêreldwyd gebruik vir 'n wye verskeidenheid van toepassings. Behalwe die gebruik daarvan in die kos en drank sektor, word suurlemoen en lemmetjie uittreksels ook gebruik in medisyne, skoonheidsmiddels en skoonmaak produkte. Die goeie internasionale vraag na suurlemoene het tot gevolg gehad dat daar vinnig groeiende Suid-Afrikaanse produksies in hierdie sitrus sektor gedurende die afgelope jaar plaasgevind het.

Pomelo
Pomelo’s is die grootste sitrus tipe. Hulle word tradisioneel as 'n ontbyt vrug geëet en ook versap. Die oorsprong van die naam (in Engels - grapefruit) van die vrug verwys na die groei patroon, omdat die vrugte  geneig is om naby mekaar te ontwikkel, soortgelyk aan 'n klomp druiwe. Pomelo variëteite is verdeel in wit en gepigmenteerde pomelo’s. Gepigmenteerde pomelo’s bevat likopeen, wat die pienk of rooi kleur aan die gepigmenteerde variëteite verskaf. Die goeie vraag na die mark vir rooi (gepigmenteerde) pomelo’s in die Verre Ooste bevorder die verkope en verdere groei van die Suid-Afrikaanse bedryf.

Sagte Sitrus
Sagte sitrusse verwys na 'n onderafdeling van sitrusvrugte wat los velle het en soms na verwys word as ‘maklike afskillers’. Dit sluit in mandaryne, clementines, satsumas, mineolas en nartjies. Hierdie soet vrugte is in groot aanvraag wêreldwyd as gevolg van hul smaak en los vel. Sagte sitrus ervaar massiewe groei wêreldwyd en in Suid-Afrika is sagte sitrus produksies ook vinnig besig om regoor die land te groei.

Koemkwats
Koemkwats is klein, oranje gekleurde vrugte. Terwyl die skil 'n soet smaak en geur het, is die vrugte baie suur. Die vrugte kan gekook word om te eet, maar word hoofsaaklik gebruik om marmelade, jellies, en ander smere te maak.

Translated by Wilma Koeppen

Grapefruit

Pomelos is 'n baster wat ontwikkel het van 'n spontane kruising tussen die pummelo (ook gespel as pomelo) en soet lemoen....more

Suurlemoene

Suurlemoene wat bekend is vir sy geel buitenste laag en suur smaak is een van die belangrikste sitrusvrugte wat in Suid-Afrika geproduseer w...more

Lime

Lemmetjies floreer in tropiese en subtropiese toestande. Daar word geglo dat dit ontstaan het ​​in Suidoos-Asië - rondom die noorde van...more

Orange

Volgens die Citrus Growers Association, het Valencialemoene 34% van die totale 83 490 hektaar sitrus wat in 2018 vir uitvoer geregistreer is...more

Soft Citrus

Die keuse van variëteit word bepaal deur die markaanvraag en die geskiktheid van die variëteit vir die produksietoestande van ‘n plaas....more