Nog Spysverteringsprobleme by Varke

Hardlywigheid

Harlywigheid kom gewoonlik voor by ver dragtige sôe, met moontlike simptome wat insluit harde, droë mis, ‘n geboë rug of varke wat druk en kreun van pyn tydens ontlasting terwyl baie min mis te voorskyn kom.
Behandeling
Hardlywigheid kan voorkom word deur die ruvesel in die rantsoen te verhoog. ‘n Paar weke voordat die kleintjies gebore moet word, kan groen voer en/of semels tot die rantsoen toegevoeg word om te voorkom dat die sôe hardlywig word. Sorg moet ook gedra word dat varke altyd toegang het tot genoeg water.
Die American Pig Association raai boere aan om hardlywige varke te behandel deur aan hulle ‘n mengsel te gee wat bestaan uit ‘n kwart appel-, pruim- of bosbessiesap met ‘n driekwart water. Om pampoene of vrugte by die dieet te voeg sal ook help.

Orgaanverskuiwing

©Glenneis Kriel
Orgaanverskuiwing mag op enige ouderdom voorkom, maar affekteer gewoonlik sôe nadat hulle geboorte gegee het, (“gejong” het) of groeivarke wat so tussen 25kg en 100kg weeg. Die ingewande van babavarkies mag ook verskuif of gedraai word as hulle erge diarree het.
Aangetaste varke sal gewoonlik ‘n geswelde buik hê, dikwels met ‘n uitgepeulde rektum. Die geaffekteerde orgaan sal swel en mag skeur, met geweldige pyn, skok en snelle dood. Gedurende die post-mortem sal die geaffekteerde orgaan – gewoonlik die milt, maag of lewer – vergroot wees en daar sal dikwels bloed in die abdominale ruimte wees.
Volgens die NADIS Animal Health Skills word ogaanverskuiwing veroorsaak deur ooreet, wintervoeding of gisbare nat voer, ongereëlde voer, hoë-digtheid diëte of kolitis.
Behandeling
Goeie bestuur en beheer oor voerinname sal help om orgaanverskuiwing te verhoed. Die South African Pork Producers Organisation beveel aan in hul produksiehandleiding, Pigs for Profit, dat boere orgaanverskuiwing kan verhoed deur hul varke drie maal per dag te voer sodat daar nie te veel opgewondenheid is tydens voeding nie en dat sôe kalm gehou moet word sodat hulle nie te gou opspring nadat hulle geboorte gegee het nie.
Diarree moet behandel en voorkom word so ver as moontlik.

Rektale Prolaps

Met rektale prolaps sal die rektum by die anus uitsteek. Die toestand word gewoonlik gesien in jong varke. Volgens Pigs For Profit mag dit veroorsaak word deur abdominale drukking of beuring, dikwels as gevolg van oormatige saambondeling deur jong varke in die winter. Gifstowwe soos mikotoksiene wat veroorsaak word deur muf in die voer mag ook by varke ‘n geneigdheid tot die toestand veroorsaak.
Behandeling
Geaffekteerde varke moet geïsoleer word en nat voer ontvang indien moontlik. Pigs For Profit waarsku dat boere nie moet probeer om die gedeelte wat uitsteek te verwyder nie. Dit sterf gewoonlik af, maar laat ‘n beperkte, hoewel funksionele opening. Die uitslaggewig van die vark sal negatief beïnvloed word.