Kook met Hoender

© Chris Daly

Die lekker ding van hoender is dat byna die hele voël kan gebruik kan word. Jy kan die hoogs voedsame vleis eet en die oorblywende bene gebruik om hoenderaftreksel te maak. Die vleis is ook veelsydig en kan gebraai, gestoof, gerooster en in ’n kerrie gesit word. Butcher SA het die volgende aanbevelings:

Hele Hoender

©Chris Daly
Heel hoenders is by winkels beskikbaar met of sonder afval. (Afval is die term wat gebruik word vir die kombinasie van die maag, nier, hart, lewer en nek). Wanneer ’n hele hoender met afval gekoop word, kom die afval gewoonlik in ’n plastieksak binne die hoender toegedraai. Die sak met afval moet verwyder word voordat die hoender gekook word.

Hoender kan heel bly of langs die ruggraat gespleet word en dan gekook word. Heel hoenders kan gemarineer en gevul word voordat dit gebraai of gebak word. Die gesplete hoender word gemarineer en dan in die pan gebraai, in die oond gekook of oor die kole gerooster.

Vlerkies

©Chris Daly
Die vlerkies maak ’n uitstekende peuselhappie of voorgereg, veral met ’n sous en marinade. Hulle kan in die oond gaar gemaak word of oor die kole gebraai word.

Bors en Tenderloin

©Chris Daly
Die bors en tenderloin* het witvleis met baie min vet. Die tenderloins* is effens sagter as die hele bors. Die bors en tenderloin* kan gebak, geposjeer, gerooster of in ’n pan gebraai word. Die vleis kan op sy eie geëet word, of in slaaie, sop en bredies. Dit kan gekoop word sonder die vel, of met die vel en die vlerkies (by die gewrig afgesny) steeds aangeheg.

Bene

©Chris Daly
Die bene, wat bestaan die uit boud- en die dykombinasie, word beskou as die vetste en lekkerste dele van die hoender. Hulle kan gemarineer, gerooster of gebraai word óf gebruik word in braaigeregte, kerries en bredies.

Afval

©Chris Daly
Die lewer is ’n goeie bron van yster en proteïene en kan in die pan gebraai word met knoffel en ander kruie om lewersmeer mee te maak. Die lewer kan ook in olie gebraai word. Nose to Tail beveel aan dat die lewer in karringmelk of versuurde water geweek word, voordat dit gekook word om die smaak te verlig.

Die res van die afval - die maag, hart en niere - kan gekook word om aftreksel of sous mee te maak. Dit kan ook in olie gebraai word. Moenie lewer byvoeg wanneer jy aftreksel maak nie, aangesien dit die aftreksel ’n bitter smaak sal gee.

Die maag is hoog in yster, vitamiene A en C, kalsium, sodium en potassium, terwyl die hart 'n goeie bron van proteïene, yster, vitamien B12, folaat en sink is. Die niere bevat, volgens Nose to Tail, melatonienreseptore wat bekend is om veroudering, sowel as kanker te beveg. Dit word gebruik in sommige spesialiteit Franse en Chinese geregte.
Die hanekam is gelatienagtig, met klein hoeveelhede proteïene en aminosure. Hulle is gewilde bestanddele in Chinese dim sum en Italiaanse Cibreo. Die testikels bevat proteïen, sodium, potassium, yster, sink, fosfor en magnesium en word in aftreksels en bredies gebruik.
Hanekamme en testikels moet skoongemaak en gekook word om die vel af te skil voordat dit gaar is. Hoenderpote is vol proteïene, kalsium, kollageen en kraakbeen. Hulle kan in olie gebraai of gekook word om 'n sous of aftreksel te produseer. Die vel moet afgetrek word, voordat dit gekook word.

Translated by Nina Joubert