Hippo
Seekoei

© Shem Compion

Naam

Seekoei (Hippopotamus amphibius)

Voorkoms

Die seekoei is ’n semi-akwatiese soogdier met ’n massa van tot 2.5 ton. Dit kan onder water op die rivierbedding loop en kan vyf minute lank onder die water bly.

Dieet

Die seekoei slaap gedurende die dag in of langs die water en in die aand eet dit gras in die nabye omgewing.

Voortplanting

Na ’n dratyd van 240 dae gee koeie in die vlak water aan ’n enkele kalfie geboorte. Die kalf word vir ’n paar dae deur die koei in die riete weggesteek, waarna sy en haar kalf weer by die groep aansluit. Kalwers bereik seksuele volwassenheid teen die ouderdom van sewe of agt jaar oud. Gedurende koeie se 35 jaar lewensduur kan hulle tot tien kalwers kry.
Dit is ’n mite dat die koei haar kalf dra. Wat gebeur, is dat ’n kalfie gedurende koue weer die voorste deel van sy liggaam op die van ’n volwassene rus om in die son te lê en bak. Hulle kleiner liggame verloor vinniger hitte as die volwassenes.

Sosiale gedrag

Kalfies word in die water gebore en kan swem voordat hulle kan loop. Die seekoei is ’n sterk en vinnige swemmer en sal aanval wanneer dit gewond of versteur word. Die feit dat dit verantwoordelik is vir die meeste menslike sterftes en beserings in die natuur, maak dit die gevaarlikste soogdier in Afrika. Seekoeie is sosiaal en word in groepe van vyf tot twintig aangetref.

Verspreiding

Voorheen wydverspreid dwarsdeur Suid Afrika, word die seekoei nou net in KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo aangetref en dit is weer in die Oos- en Wes-Kaap hervestig. Beste geleentheid om Seekoeie te sien

Veldnotas

Die seekoei kan baie gevaarlik wees vir mense wat nie die wette van die natuur nakom nie. Hulle kan maklik ’n hout-kano in die helfte byt en kleiner bote omkeer. Daar is ’n besliste toename in seekoei aanvalle op die mens, maar dit is hoofsaaklik as gevolg van die feit dat die mens arrogant en oneerbiedig optree terwyl hy in die wildernis is.