Perfekte Familie Wegbreek
Hazyview, Mpumalanga

Dompel jouself in die skoonheid van die natuur by Hippo Hollow Country Estate, geleƫ naby aan die Kruger Nasionale Park en Hazyview dorp.

Hoogtepunte

Ideale basis vir die wat op pad is na, of terugkom van die Kruger Nasionale Park
Uitsig oor die Sabierivier met seekoei besigtinge
Wildbesigtigingsritte en voëlkyk in die Kruger Park
Twee swembaddens en vele spasie vir ontspanning
Bekostigbare akkommodasie met familie opsies (kinders van alle ouderdomme is welkom)

Jou Ervaring

Gaste wat op pad is na, of terugkom van die Kruger Nasionale Park en opsoek is na bekostigbare akkommodasie op hul reis, hoef nie verder as Hippo Hollow Country Estate te soek nie. Op ’n plaas landgoed slegs 10 minute se ry vanaf die Phabeni ingangshek van die Kruger Nasionale Park, net buite die klein dorpie van Hazyview, lê Hippo Hollow Country Estate.

Ideale akkommodasie vir reisigers wat slegs ’n paar wildbesigtigingsritte in die Kruger Park wil onderneem en die ander bekende attraksies van die area wil ontdek, soos byvoorbeeld die Panorama Roete, Kruger Laeveld, of Drakensberg. Hierdie akkommodasie naby die Kruger Park is ingerig vir families, paartjies en selfs solo reisigers.

Graits Wi-Fi, vriendelike personeel en verskeie geriewe verseker dat elke gas hier iets sal kry waarvan hy/sy hou. Akkommodasie opsies sluit in heerlike hotelkamers, afgesonderde rivier- en tuin chalets, of rustieke binnehof grasdakkamers. Hierdie wonderlike akkommodasie het twee swembaddens - ideeal vir die jongklomp om in te baljaar.

In die nabye dam en Sabierivier baljaar die seekoei weer en hulle kan soms tot by die landgoed gehoor word. Grootmense kan by die kroeg ontspan, of ’n plekkie op die sonplatvorm kry. Gaste kan heeldag luilê en die atmosfeer van Hippo Hollow Country Estate inneem.

Dié wat verkies om bietjie meer aan die gang te wees kan ’n verskeidenheid opsionele aktiwiteite in die area aanpak, soos witwaterroei, gholf, vierwielfietsry en helikoptervlugte. Hippo Hollow Restaurant en Kuka Restaurant bied beide ’n verskeidenheid hartlike disse aan. In die aand kan jy ’n maaltyd om die oop kampvuur by die Shangaan rivierklub geniet. Gekomplimenteer deur die spesiale, tradisionele Shangaan sang en dans optredes.