Grond Voorbereiding

© Louise Brodie
Before planting grapes, soil should be as even as possible to ensure that the vines is even in terms of quality and ripening.

Oorsig oor Grondvoorbereiding

Grondvoorbereiding is die bewerking van grond vóórdat wingerd gevestig word. Dit moet nie verwar moet met grondbestuur wat die bewerkingsaksies is ná die stokke gevestig is nie. ’n Deeglike grondkundige opname deur ’n grondkundige kan aandui hoe eenvormig die betrokke blok grond is en indien drastiese verskille voorkom, behoort die blokuitleg hierby aangepas te word.

Dit kan selfs beteken dat, in plaas van een groot blok, twee kleiner blokke wingerd geplant moet word om by die grondverskille aan te pas. Een van die belangrikste doelwitte van grondvoorbereiding is om die grond so egalig as moontlik te kry om te verseker dat die wingerd ook egalig is in terme van kwaliteit en rypwording.

Grondondersoeke en ontledings deur die grondkundige is baie belangrik, want hiervolgens kan die regte metode van grondvoorbereiding aanbeveel word. By grondvoorbereiding moet daar verseker word dat brak en kleigrond nie tydens voorbereiding na die oppervlakte gebring word nie hoewel daar terselfdertyd so veel as moontlik van vorige wingerd se wortels verwyder moet word.

Tydens die grondvoorbereiding moet die grond se chemiese foute en tekorte ook reggestel word. Die grondkundige sal deur middel van die grondontledings wat geneem is, aanbevelings maak oor watter chemiese regstellings gemaak moet word. Waar brak soute in die grond voorkom, moet dit tydens voorbereiding met gips en dreinering reggestel word.

Gips (is ‘n stof wat by grond gevoeg word om kalsiumversadiging te verhoog). Suurgrond kan reggestel word deur kalk tydens die grondvoorbereiding toe te dien vir neutralisering van grondsuuurheid.

Voordele van Grondvoorbereiding

Tydens grondvoorbereiding behoort grondverdigting verwyder te word. Die wortelruimte kan verdiep word deur die natuurlike ondergrondse beperkings op te hef. Indien daar reeds bepaal is dat daar wel beperkings in die ondergrond is (soos byvoorbeeld te min organiese materiaal of ‘n tekort aan ‘n sekere mineraal), moet hierdie beperkings voor planttyd opgehef word.

Dus kan die chemiese regstelling van wanbalanse wat tydens die grondopname bepaal is, nou plaasvind. Aalwurmbeheer, indien nodig, kan nou, voor die wingerd geplant word, toegepas word.

Grondstruktuur kan verbeter word deur die toevoeg van organiese materiaal in die vorm van kompos. Die organiese materiaal verlaag die bulkdigtheid van die grond en bevorder erdwurmgetalle en grondmikrobes.

Translated by Marinda Louw