Cats Tail
Katstertgras

© B. Strohbach

Naam

Katstertgras

Latynse naam

Perotis patens

Beskrywing

Die katstertgras het ’n lengte van tot 60 cm. Polvormig en eenjarig met 12 mm lange blaarskywe. Die aartjies is klein, elk met twee stekelhare. Blare is golwend en blougroen van kleur. Die bloeiwyse is ’n aantreklike sagte, reguit aar. Hierdie soort gras is onsmaaklik.

Gebruike

Die bloeiwyse word somtyds in blommerangskikkings gebruik. Vanweë die min blare word dit selde bewei. Dit is soms ’n onkruid, maar is maklik om meganies te beheer.

Habitat

Katstertgras kom in versteurde grond dikwels in droë, blootgestelde terreine voor. Dit groei meestal in arm, sanderige en gekompakteerde grond, vrugteboorde, bewerkte lande en soms teen klipperige hange en kan in die Limpopo provinsie en die Nasionale Krugerwildtuin gevind word.

Blomme

November tot April

Notas

Katstertgras het ’n aantal verskillende Engelse name naamlik Bottlebrush Grass, Rainbow Grass en Purple-spike Perotis.