Cape Otter
Groototter

© Jacques Marais

Naam

Groototter [Aonyx capensi]

Voorkoms

Die Groototter meet 1,3 m lank en weeg ongeveer 13 kg. Behalwe vir die pens, keel, wange en bo-lip, wat alles wit is, is die res van die lyf bedek met digte donkerbruin pels. Byna geen webbe tussen die tone van die voorpote nie terwyl die agterpote vir die helfte van hul lengte webbe het. Daar is vyf klou-lose tone op elke poot. Hulle het dik maar korterige sterte.

Dieet

Voed veral op krappe, maar ook vis, paddas, kreef, voëls, insekte, reptiele, weekdiere en klein soogdiere.

Teling

Teel dwarsdeur die jaar. Een tot drie kleintjies word per werpsel gebore na 'n dragtigheids periode van 60-65 dae.

Sosiale Gedrag

Aangesien otters intelligent en speels van aard is, is hulle pragtig om na te kyk. Otters is uiters ontwykend in die wild en is gewoonlik alleenlopers. Wyfies word dikwels vergesel deur hul nageslag, wat in groepe van tot agt bestaan. Mannetjies speel nie n rol in die grootmaak van die kleintjies nie en assosieer selde met die wyfies.

Habitat

Habiteer in sowel varswater bronne as die see, maar in laasgenoemde geval blyk dit dat vars water nodig is om die sout uit sy pels te was.

Waar hulle gevind word

Die Groototter het 'n oostelike verspreiding langs die kuslyn en dreineringstelsels van die hoër reënval streke van Suid-Afrika, maar is nêrens algemeen nie. Afwesig van die droë westelike dele van die land. Kus digtheid word geskat op een per twee km, en langs riviere een per drie tot tien km.