Bushwillow
Raasblaar

© Roger de la Harpe

Naam

Raasblaar

Latynse naam

Combretum zeyheri Sond

Beskrywing

‘n Wydverspreide, taamlik volop struik, tot 4m hoog, wat groei in sowel diep as leem sand. Die blare is relatief groot in vergelyking met ander Combretum spesies.

Blomme en Vrugte

Die blomme verskyn hoofsaaklik in September in groenerige geel okselstandige blomare en het ‘n soet geur. Dit lyk asof hulle óf vir ‘n baie lang tyd kan blom, óf vir ‘n tweede keer, aangesien blomme al waargeneem is in Februarie en Maart. Die viervlerkige, ligte bruin vrugte is die grootste onder die Combretum spesies in hierdie area en bly sit aan die struik selfs nadat die blare afgeval het.

Waar hulle voorkom

Algemeen dwarsdeur Suid-Afrikaanse bosse en savannes.

Gebruike

Die struik het sogenaamde oppervlakte-wortels wat ‘n paar millimeter dik is en horisontaal vir 3 tot 4 meter ongeveer 20 cm onder die grondoppervlakte groei. Hierdie wortels word deur vroue gebruik om sterk, dekoratiewe mandjies te maak. Vroeër is hierdie mandjies gebruik as borde en as hulle behandel is met ‘n spesiale plantpasta, het hulle waterdig geword en is hulle gebruik om water te dra van een plek na ‘n ander. Vandag word hulle hoofsaaklik vir bergdoeleindes gebruik, of verkoop om ‘n inkomste te genereer.
Individuele ontwerpe word verkry deur geometriese patrone in die mandjie in te weef en deur die gewoonlik beige wortels donkerbruin of grys te kleur. Die donkerbruin kleursel word gemaak van bas van die kiaatboom [Pterocarpus angolensis] en die grys kleursel kom van die bas van die wilde sering [Burkea afrikana]. Slegs ‘npaarVasekelevroue ken nog die tegniek om hierdie mandjies te maak. Die wortels word ook gebruik haarmiddel deur dit te brand en die as te kook. Die gevolglike oplossing word aan die hare gesmeer om dit reguit te maak en langer te laat lyk.
Blare word gebruik in ‘n middel teen hoes. Die blare word gekook in water en driekeer per dag gedrink. Die wortels verskaf verligting van maagpyn. Wortels van ongeveer ‘n halwe vinger tot ‘n arm dik word uitgegrawe en die bruin skil afgeskraap voordat dit in ‘n pot water geplaas word. Die water word slegs effens verhit deur die pot langs die vuur neer te sit. ‘n Koppie van die vloeistof word driekeer per dag gedrink totdat die pasiënt beter voel.
Vingerdik takke van die struik word gebruik om boë vir kinders te maak omdat hulle nie so maklik breek soos die boë van die volwassenes nie. Kinders gebruik hulle om te oefen om met ‘n pyle en ‘n boog te skiet. Omdat die hout egter sagter is as die wat gebruik word vir die boë van volwassenes, is die kinderboog nie sterk genoeg om groot diere meet te jag nie.

Veldaantekenige

Die Afrikaanse naam vir die struik verwys na die ratelende geluid (“geraas”) wat die blare en sade maak wanneer die wind waai.