Burchells Zebra
Bontkwagga

© Roger de la Harpe

Naam

Bontkwagga [Equus burchelli]

Voorkoms

Liggaamstrepe is minder en breër as dié van die Kaapse bergkwagga, terwyl liggaamsstrepe om die maag ook strek. Hulle beenstrepe is minder prominent en hulle meet tot 1.3 tot 1.4 meter by die skouer en weeg 300-320 Kg. Hulle ronde ore is ongeveer 160-170 mm lank. Die voorste gedeelte van die maanhare vorm 'n swart klos tussen die ore.

Dieet

Oorwegend 'n grasvreter en wei in gebiede met kort gras. Die sebras het 'n sterk sensitiewe bolip waarmee gras bymekaarbring word deur dit tussen die lip en die onderste snytande vas te druk voordat dit gepluk word.

Voortplanting

Die bontkwagga het geen spesifieke teelseisoen nie. Vullens kan in enige maand gebore word. Onder optimale omstandighede word vullens meer dikwels in die somer gebore. Na 'n dragtigheidstydperk van 360-390 dae word 'n enkele vul gebore, wat 30-35 Kg weeg. Vullens word gespeen op die ouderdom van 11 maande.

Gedrag

Die bontkwagga woon in klein gesins-eenhede, wat tipies uit ‘n hings, ‘n merrie en hul vullens bestaan. Nie-dominante hingse loop in vrygesel groepe. Trop-hingse is tussen vier en 12 jaar oud. Watergate en gunsteling weidingsgebiede lok gesinsgroepe wat in groot getalle saamwei. Hulle word dikwels gesien saam met wildebeeste, ander vlaktewild en bobbejane.

Habitat

Kort graslandgebiede in savannabosveld en graslandvlaktes vorm die voorkeurhabitat. Hul afhanklikheid van water verhoed dat die bontkwagga verder as 10 tot 12 km van water af dwaal. Dig begroeide gebiede word vermy.

Waar hulle aangetref word

Onmiskenbaar 'n lid van die perdfamilie. Hierdie spesies is die grootste van die twee afsonderlike spesies wat in Suid-Afrika voorkom. Die voorkomsgebiede van die bontkwagga en die Kaapse bergkwagga is onderling uitsluitend. Die Kaapse bergkwagga is beperk tot die Kaapse bergstreke, terwyl dié van die bontkwagga saamval met bos- en grasvlaktes.

Veldnotas

Die bontkwagga is die naaste familielid van die uitgestorwe kwagga wat tot in die 19de eeu die suidelike vlaktes van Suid-Afrika bewoon het. So naby, dat wetenskaplikes DNA van gekose bontkwagga-individue gebruik om die kwagga weer te probeer teel.
Elke individuele kwagga het unieke merke wat soortgelyk is aan vingerafdrukke by mense. Daar word gesê dat pasgebore kwaggavullens naby die moeder bly om haar patrone te memoriseer. Die suidelike bontkwagga het 'n kenmerkende bruin geskakeerde streep in die wit streep, 'n kenmerk wat afneem hoe verder noord hulle voorkom.