Black Backed Jackal
Rooijakkals

© Roger de la Harpe

Naam

Rooijakkals (Canis mesomelas)

Beskrywing

Die rooijakkals is ’n wydverspreide spesie wat bekend staan vir hulle slinksheid en dapperheid. Dit word gereeld gesien as hulle ’n stukkie vleis by leeus na ’n jagtog steel. Hoofsaaklik nagdiere maar word dikwels deur die dag gesien en het ’n kenmerkende aantreklike roep. Die rooijakkals is ’n aasdier en eet ook kleiner soogdiere, reptiele, eiers en vrugte.

Statestiek

Orde: Roofdiere
Familie: Canidae (Hondagtiges)
Gewig: Mannetjie: 6.8 – 11.4 kg
Wyfie: 5.5 – 10 kg
Lengte: 110cm

Voortplanting

Dratyd is 2 maande en 1 tot 6 kleintjies word tussen Julie tot Oktober gebore

Spoor beskrywing

Netjiese klein hondagtige spoor van 5 cm lank