Opwindende Wegbreek - Aktiwiteite
Madikwe Game Reserve, North West Province

Die Tswana woord ‘thakadu’ beteken aardvark, ’n sku soogdier wat die grond omdolwe op soek na termiete.

Wildkyk

Dit is maar een van die kleiner soogdiere soos die muishond, sivetkat, dassie en ystervark wat dikwels misgekyk word. Die Madikwe Wildreservaat het onder meer wildehonde, jagluiperds, groot troppe buffels en olifante en ook die res van die Groot 5.

Thakadu River Camp wat op die oewer van die Maricorivier is bied die ideale plek om te sit en ontspan terwyl jy na die wild kyk wat kom water drink. Die wildritte in die oggend en laatmiddag/vroegaand saam met die kundige Thakadu gidse is ’n belewenis. Kinders onder 6 jaar oud word nie op die gewone wildritte toegelaat nie, maar het hulle eie spesiale wildrit net na ontbyt in die oggend.

Bos Etes

Heerlike fynproewer maaltye word in die gemeenskaplike eetkamer bedien, maar daar is ’n kamer diens beskikbaar. ’n Meer romantiese opsie is om in die lapa tussen die bome die smaaklike etes te geniet.

Spesiale Aktiwiteite

Die meer energieke gaste kan by Thakadu River Camp ’n opwindende stapsafari saam met ’n ervare gids gaan doen om nog nader aan die natuur te kom. Die minder bekende soogdiere, insekte, plante en bome word uitgewys. Intieme troues en kleiner konferensies kan gereël word.