Opwindende Wegbreek
Madikwe Game Reserve, North West Province

Die luukse Thakadu River Camp aan die oewer van die Maricorivier in die malariavrye Madikwe Wildreservaat is ’n gesinsgeoriënteerde tentkamp.

Hoogtepunte

Thakadu River Camp tentkamp is ’n gesofistikeerde “Out of Africa” ervaring. Thakadu behoort aan die Bathlokwa gemeenskap en is een van 2 kampe wat ’n ekotoerisme ooreenkoms het met Noordwes Parke, die Molatedi gemeenskap en die Nature Workshop.

Thakadu River Camp is geleë aan die oewer van die Maricorivier en dus ’n voëlparadys. Die swembad en kroeg kyk op die rivier uit Kinders van alle ouderdomme is welkom en familie tente is beskikbaar.

Jou Ervaring

Die Thakadu River Camp is ’n tentkamp en die nuwe Engelse woord daarvoor is “glamping” wat ‘luukse kamp’ beteken. Die luukse tente het ’n sit/slaapkamer met ’n en-suite-badkamer wat jy nooit in ’n tent sou verwag nie.

Thakadu is in die malariavrye Madikwe Wildreservaat wat bekend is vir die volop wild wat in die 1990’s met Operasie Phoenix in die reservaat hervestig is. Die volgehoue bewaring maak dit ’n uitstekende wildkyk gebied.