Wild Date Palm
Wildedadelpalm

© Roger de la Harpe

Naam

Wildedadelpalm, Senegalese dadelpalm (Phoenix reclinata)

Beskrywing

Die wildedadelpalm het veervormige blare. Hierdie immergroen palm word nie veel hoër as 6m nie en kom dikwels voor in digte stande met een of meer gekurfde stamme wat bo die ander uitsteek. Die bas van die wildedadelpalm is donkerbruin tot donkergrys en die blare is grofgeskaar. Blare is 3-4 m lank, veeragtig met tot 50 blaartjies aan ‘n kant. Basale blaartjies is stekelrig en die ander is donkergroen, glad en blink. Blomme word gedra in goot trosse in blaaroksels van jong blare na-aan die hoogste punt van die stam.
Manlike en vroulike blomme kom voor op afsonderlike plante. Manlike blomme leef kortstondig en is vuilgeel en wasagtig. Vroulike blomme is klein, rond, geelgroen en blink. Die vruggies is klein (2.3 x 1.4cm) en word gedra in groot, hangende trosse. Vrugtepulp is redelik vlesig, geel wanneer groen en bruin met een saad binne wanneer ryp.

Waar hulle voorkom

Hierdie spesies floreer slegs wanneer daar ‘n permanente hoëwatertafel bestaan soos in moerasse, wat verklaar waarom dit nie voorkom in droë gebiede nie. Die wildedadelpalm se waterafhanklikheid is ‘n teken van ‘n vroeëre tydperk van permanent-vloeiende water in ‘n spesifieke area as daar nie tans enige sigbare water is nie.

Veldaantekeninge

Die vrugte van die wildedadelpalm is ewe gewild onder soogdiere, voëls en mense en die hart van die boom word gebruik as ‘n groente. In Suid-Afrika en Botswana word die plante getap vir sap waarvan palmwyn gemaak word. Dit word gedoen voordat die plant begin blom.