White-fronted Plover
Vaalstrandkiewiet

Naam

Vaalstrandkiewiet

Latynse naam

Charadrius marginatus

Familie

Charadriidae

Lengte

9cm

Habitat

Kom gereeld voor by strande, duine en riviere waar dit alleen of in klein paartjies voorkom.

Voël roep

Tydens vlug maak dit 'n sagte 'wit' of 'twit' of 'twirit'. Wanneer dit bedreig word maak dit 'n harde 'kittup' of 'n lang 'churr' klank.

Teling

Teel dwarsdeur die jaar, hoofsaaklik Augustus - September. Die eiers is gewoonlik driekwart bedek met sand wat oor dit gewaai word op warm dae. Eiers, gewoonlik 2, is ovaal en romerig bruin, gemerk met fyn donkerbruin lyne oor die oppervlak. Inkubasie neem 27 - 33 dae. Kuikens bly in die nes vir ‘n periode 35 - 38 dae.

Onvolwassene beskrywing

Onvolwassenes het geen swart op die kop, maar ‘n wit band oor die nek is teenwoordig. Kuikens het ‘n grys bokant, gevlek met swart lyne oor middelpunt van kroon, en swart oorvere en kante van rug is ook swart. Wit onderkant.

Volwassene beskrywing

Die mannetjie het 'n meer opvallende swart lyn agter die oog en gewoonlik klein donker kolle op sye van die bors. Die voëls van die Wes-Kaap is wit onder en het ‘n grysbruin bokant. Twee rasse word erken. Oë is bruin en die snawel en bene is swart.

Status

Kom algemeen voor.

Waar hulle gevind word

'n Spesie wat hoofsaaklik teen die kus voorkom, maar ook aangeteken by groter riviere en binnelandse mere.