Whale Shark
Walvishaai

© Roger de la Harpe

Algemene Familienaam

Walvishaai

Ander in Familie

N.v.t.

Wetenskaplike Naam

Rhincodon typus

Grootte

Tot 13m

Identifikasie

Ligte kolle met vertikaal- en horisontaalkruisende grys strepe is uniek aan die walvishaai. Drie prominente riwwe loop langs die liggaam.

Algemene Inligting

Die Rhinocontidae familie bestaan uit 1 genus en 1 spesies. Die walvishaai is die grootste lewende vis en kan tot 20 ton weeg. Word gewoonlik gesien as enkele indiwidue, maar vorm soms groepe van tot 100 indiwidue. Migreer na planktonblommende areas. Mond is tot 1,5m wyd en het tussen 300-350 rye klein tandjies wat nie gebruik word om mee te eet nie. Bewaringstatus is kwesbaar. Ovovivipaar. Kleintjies word ten volle ontwikkel gebore en is 40 – 60cm in lengte. Lewensduur tot 100 jaar.

Voeding

©Roger de la Harpe
Filtervoeder. Meestal mikro-alge, planktonkrefies, skaaldierlarwes en klein ongewerweldes.

Verspreiding

Wêreldwyd in tropiese streke.