Vlieë

© Marinda Louw

Vlieë is nie net ’n oorlas nie, maar kan potensieel siektes dra wat ’n negatiewe impak op diere se gesondheid kan hê, veral in ’n intensiewe produksiesisteem waar diere naby aan mekaar gehou word. Veldproewe het gewys dat melkbeeste tussen 25 minute en 5 ure eettyd verloor as gevolg van die irritasie van vlieë.

Beheer

©Rykie Visser - Agrinet
Die beste manier om vlieë te beheer, is met ’n geïntegreerde behandelingsprogram. Dit sluit ’n verskeidenheid praktyke in wat gebruik word om die vliegbevolkings op verskillende tye van ontwikkeling te beheer. Die doelwit van die program moet wees om vlieg getalle tot ’n minimum te beperk. Hier is 5 wenke om vlieg getalle in beheer te hou:
Eerstens, verminder maaier- en eiergetalle deur aandag te gee aan die plekke waar vlieë voortplant. Vlieë groei graag in mis en ander vrot materiaal en daarom is dit belangrik om diere en produksie-areas skoon te hou. Siek diere en diere met wonde en seerplekke moet spoedig behandel word om vlieë weg te hou en sekondêre infeksies te voorkom. Dooie diere moet so vinnig as moontlik van die produksie-area in higiëniese manier verwyder word. Hulle moet óf begrawe óf verbrand word.
Die produksie-area moet gereeld skoongemaak word en mis, rommel, vuil strooi, omgegooide kos en gebreekte eiers – as jy met pluimvee boer – moet korrek verwyder word. Indien die diere nie al hul kos eet nie, verminder die kwantiteit sodat niks vir die vlieë oorbly nie.
Mis, rommel en strooi is ideale kompos, maar die kompos moet korrek hanteer word sodat dit nie onnodige vlieë lok nie. Die komposarea moet verkieslik ’n entjie weg van die produksie-area wees.

©Shem Compion
Tweedens, die natuur is jou vriend. Sommige mites en kewers eet vliegeiers en -wurms, terwyl sekere perdebye hul eiers in die vliegpapies lê. Hierdie natuurlike vliegvyande mag ’n aantal kere per jaar in die produksie-area vrygelaat word en is van goeie hulp wanneer die vlieë weerstand teen die chemiese kontrole opgedoen het. Dit is egter ’n duursame praktyk en daar is gewoonlik nie genoeg van hierdie vyande beskikbaar wanneer jy hulle nodig het nie. Dit moet daarom nie as die enigste oplossing gebruik word nie.

©Marinda Louw
Derdens, gebruik vangvelle en afweermiddels. Klewerige vangvelle verminder die hoeveelheid volwasse vlieë wanneer dit binne die dierehuisvesting gebruik word, terwyl vlieglokvalle goeie werk buite doen. Die enigste probleem met vlieglokvalle is dat hulle sleg ruik. Vlieë hou nie van donker plekke nie en daarom word hulle gewoonlik in die sonbeligte area in diere aanhoudings gevind. Sommige boere sit blare op die dakke van die stalle of aanhoudings om die intensiteit van die sonlig te verminder. Die diere sal ook die ekstra koelte in die warm weer waardeer. Sommige boere plant ook sekere kruie om die produksie-area, of maak van essensiële olies gebruik om die vlieë weg te hou.

Vierdens, gebruik chemiese kontrole metodes korrek. Chemiese kontrole is hoogs effektief wanneer dit korrek gebruik word volgens die instruksies. Verkeerde gebruik hou nie net gesondheidsrisiko’s in nie, maar die vlieë kan ook ’n weerstand tot die produk opbou. Moderne insekdoders moet gebruik word, omdat hulle veiliger is, meer gekonsentreer en meer omgewingsvriendelik is as die organofosfaat insekdoders of DDT.
Produkte is ontwerp om óf vlieë óf maaiers dood te maak en ook om op die diere of in die omgewing gebruik te word. Sommige van hierdie produkte gebruik aas om die vlieë te lok.
Navorsing het bewys dat 40% - 60% van ’n vliegprobleem elimineer kan word deur die maaierfase te teiken.
Laastens, maak dit ’n gemeenskapsprojek. Dit maak nie saak hoe goed jou vliegbeheerprogram is nie, dit sal niks beteken as jou bure nie ook iets doen om hul vlieë onder beheer te hou nie. Dit is beter en meer koste-effektief om saam te werk.

Translated by Nina Joubert