Umbrella Thorn
Haak-en-steek

© Nigel Dennis

Naam

Haak-en-steek

Latynse naam

Acacia tortilis

Beskrywing

Die bas voel grof en is grys tot swart. Die boom het ‘n kombinasie van een reguit doring met ‘n klein haakdorinkie langsaan. Die dorings is dun en groei in pare. Blomme word slegs op ouhout en in groepies gedra. Die blommetjies is romerige, wit balletjies. Peule is is ‘n kenmerkende bleek goudbruin kleur en is gekrul en gedraai. Die blare is baie klein en gee aan die boom ‘n sagte, veeragtige voorkoms. Diere wat wei, vreet sowel die blare as die dorings, veral wanneer hulle nog jonk en sag is.
Die ouer, harde dorings beskerm die boom teen oorbeweiding. Die dorings is skerp en wit, met sommige wat reguit is en ander gehaak. Hulle is enkel of in pare gerangskik. Die haak-en-steek blom in Desember (somer) met diggepakte wit blommetjies, maar bloeityd mag sporadies wees afhangend van reën. Dit het die kenmerkende sambreelvormige kroon eie aan doringbome en bereik hoogtes van 5 tot 20 m in die natuur. Baie voëlsoorte benut hierdie beskutting en bou hul neste in in die kroon. Die haak-en-steek groei redelik stadig en bereik ‘n finale hoogte van tussen 3 en 5 m met ‘n spreiwydte van 8 tot 13m.

Blomme en vrugte

Die haak-en-steek produseer ‘n groot hoeveelheid peule wat deur wild sowel as mak dier gevreet word, en selfs deur mense. Die peule is styfgedraaide, ligbruin spirale en val ongeopen van die boom af. Hulle akkumuleer in goot hoeveelhede en word smaaklik gevreet deur koedoes, rooibokke, renosters en olifante. Die wyse waarop die ongeopende peule versprei word nadat hulle eers deur die diere se spysverteringstelsels beweeg het, verseker dat hulle beter ontkiem en oor ‘n groter gebied versprei word. Die peule van ander acacias bars oop voordat hulle op die grond val en word dus so versprei.

Gebruike

Hout van die haak-en-steek word gebruik vir heiningpale, vuurmaakhout, meubels en wawiele. Die oorvloedige hoeveelheid peule maak goeie voer vir diere wat in die woestyn wei en die blare is ook vreetbaar, wat dit een van die vernaamste droogtevoer bome maak vir die Sahara-Saheliaanse streek. Die bas word in Tanganjika gebruik om tou te maak. Die eetbare gom staan bekend as die arm man se gom en dis die boom wat die meeste aanbeveel word om duine in Indië en Afrika te herwin.
Die doringtakke word gebruik om tydelike hokke mee te bou en die bas is glo ‘n goeie bron van tannien. Lank gelede het mense van Afrika die peule ingeryg as halssnoere. Inwoners van Senegal gevruik die wortels vir spiesstele. Die mense van die Chad meer gebruik die stamme as visspiese. Nomadiese Afrikane gebruik dikwels die buigbare wortels as raamwerke vir hul tydelike skuilings. Die peule en blare is baie voedsaam en word bewei deur wild en vee. Blouape en bobbejane eet jong, groen peule; ander diere eet die peule wat op die grond lê.

Habitat

Acacia tortillis groei op sandduine en rotsagtige esakarpe tot alluviale valleibodems, maar vermy seisoenale waterdeurdrenkte gebiede. As ‘n baie droogtebestande spesies, groei die haak-en-steek in gebiede met ‘n jaarlike reënval so laag as 40mm en soveel as 1200mm, met droë seisoene van 1 tot 12 maande. Die boom verkies alkaliese gronde, maar sal groei in brakgrond en gipsagtige gronde.

Waar hulle gevind word

Die haak-en-steek is een van die mees wydverspreide acacias. In Mosambiek, Botswana, Swaziland, Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en die Kaap, en die boom is reeds 200 jaar gelede beskryf in Egipte en Arabië. Daar word geglo dat waar hierdie boom voorkom, goeie grond en gras is.