Suid-Afrika se Nasionale Vlag

©Roger de la Harpe

Die Nasionale Vlag, wat vir die eerste keer op 27 April 1994 gehys is, is deur ’n eertydse Suid-Afrikaanse heraldikus, Mnr. Fred Brownell ontwerp. Die kleure en ontwerp is ’n abstrakte voorstelling van Suid-Afrika se vlaggeskiedenis. 

Die verskillende kleure en kleurkombinasies het verskillende betekenisse vir mense en kan daarom nie ’n enkele simboliek hê nie. Die middelpunt van die ontwerp begin by die vlagpaal-kant in die vorm van ’n “V” wat in ’n enkele horisontale band tot aan die buitekante van die vlagsoom lei.

Dit simboliseer die bymekaarkom van al die uiteenlopende mense in die Suid-Afrikaanse samelewing wat die pad na eenheid toe saamstap. Hierdie bymekaarkom en tema van eenheid kom van die vorige Suid-Afrikaanse Landswapen se leuse – Eendrag maak mag.

Vertoning van die Nasionale Vlag

©Roger de la Harpe

Met die vertoning van die vlag moet sekere protokols soos in die Staatskoerant No. 22356, Kennisgewing 510 van 8 Junie 2001 uiteengesit is, nagekom word. As die Nasionale Vlag horisontaal vertoon word, moet die kant wat aan die vlagpaal vaskom aan die linkerkant van die toeskouer wees met die rooi band bo.

As die Nasionale Vlag vertikaal teen ’n muur vertoon word, moet die rooi band links van die toeskouer wees met die paalkant heel bo. As die Nasionale Vlag by ’n openbare vergadering langs of agter ’n spreker vertoon word moet dit regs van die spreker geplaas word. As dit op ’n ander plek geplaas word, moet dit aan die regterkant van die gehoor vertoon word.

Translated by Ananda Schoeman

Die nuwe Suid-Afrikaanse Simbole se geskiedenis

Ná die eerste demokratiese verkiesing in 1994 het die Nasionale Simbole-kommissie die Suid-Afrikaanse publiek geraadpleeg oor hoe die simbo...more

Suid-Afrika se Nasionale Simbole

Die springbok se naam kom van die sierlike spronge wat hierdie boksoort gee as dit hardloop. Beide die rammetjies en ooitjies het horings, m...more