Stres by Varke weens Koue

©Glenneis Kriel
Piglets have little fat to protect them against the cold.
Vanweë Suid-Afrika se warm klimaatstoestande is stres weens koue nie so ‘n ernstige probleem by volwasse varke as in sommige kouer lande nie. Tog kan wintertye en veral winternagte baie koud raak in sekere gedeeltes van die land, en daarom moet boere in hierdie streke ekstra voorsorg tref vir behoorlike skuiling vir hul varke gedurende koue tye.
Pasgebore varkies is veral baie kwesbaar vir kouestres omdat hulle, anders as volwasse varke, baie min liggaamsvet het om hulle teen die koue te beskerm, veral gedurende die eerste 48 uur na geboorte. Hulle sal nie gedy nie, en waarskynlik vrek as hulle nie warm gehou word nie.

Tekens van Stres

©Glenneis Kriel
Pigs that are cold may huddle together to warm themselves.
Net soos met volwasse varke, sal die versuim om baba-varkies warm te hou tot gevolg hê dat hulle die energie verkry uit hulle kos, gebruik om hitte te genereer in plaas daarvan om te groei. Hoe weet jy dus dat jou varke aan stres weens koue ly?
Volgens Animal Agriculture by die Washington State University, sal varke wat aan stres ly weens koue, saambondel of met hul pote onder hulle ingevou lê in ‘n poging om warm te bly.
Hulle mag ook bewe van die koue. Indien die stres weens koue vir meer as ‘n paar dae voortduur, sal die varke maer word, swak groei en lang, growwe hare ontwikkel. Hulle mag ook diarree ontwikkel.

Voorkoming

©Glenneis Kriel
Spot heating can be used to warm piglets.
Dis makliker gesê as gedaan om gemaklike temperature te verseker wanneer varke kleintjies kry, omdat sôe en babavarkies verskillende temperature verkies.
Sôe is oor die algemeen gemaklik by 16 tot 25 grade celsius, terwyl babavarkies gedy teen temperature so hoog as 32 grade celsius.
Sôe wat te warm kry sal minder begin eet en minder melk begin produseer, wat uiteraard ‘n negatiewe impak op die groei van die babavarkies sal hê. Aan die ander kant moet die klein varkies warm gehou word sodat hulle goed groei.
In moderne fasiliteite sal die kamertemperatuur dus aangepas word by die sôe, terwyl bykomende verhitting of verwarmde areas gebruik word om die klein varkies warm te hou.
Vir akkuraatheid is dit noodsaaklik om die kamertemperatuur op dieselfde vlak te meet, asook ‘n paar voet binne die area waar die klein varkies gehou word.

©Glenneis Kriel
Vloermateriaal word ook strategies aangewend om hierdie probleem op te los. Sôe lê gewoonlik op vloere wat van ‘n koeler materiaal gemaak is as die vloere waarop klein varkies lê. Die vloer kan bestaan uit hout, sement, staal, plastiek, veselglas, gegote yster en aluminium.
Die gebruik van beddegoed soos strooi of houtsaagsels op die vloer waar die varkies gehou word sal nie net help om die temperatuur te verhoog nie, maar sal die varkies ook gemaklik hou. Beddegoed moet egter gereeld vervang word of nuwes moet bygevoeg word sodat die varkies skoon en droog bly.
Varkhokke moet deeglik geïsoleer word, insluitend die deure, die plafonne en mure, om trekke te voorkom. Sommige boere gebruik plastiekgordyne waarmee vensters toegemaak word tydens koue en ander ongunstige weerstoestande.

Translated by Elna Van Rhyn