Stonefish
Steenvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Vuurvis, Steenvis

Alias

Klipvis

Wetenskaplike naam

Synanceiidae

Grootte

Tot 35cm, gemiddeld 20cm

Identifikasie

‘n Relatiewe groot, vet vis. Vel lyk as of dit oortrek is met vratte. Geen ooglopende skubbe nie. Kleur varieer volgens omgewing en word gebruik vir kamoeflering. Mees opvallende eienskap is die onderstebo mond.

Algemene Inligting

Die Synanceiidae sub-familie bestaan uit 8 genera en 36 spesies. Het gifsakkies met senuweegif aan die onderpunte van hulle rugvinstekels. Uiters giftig indien daarop getrap word – kan selfs dodelik wees. Lê baie stil op rotse of sanderige bodem waar hulle hulself soms met sand bedek. Hulle klipvis naam word afgelei uit hul voorkoms. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van klein vissies, skaaldiere en ongewerweldes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigede en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Stonefish (Synanceia verrucosa)