Squirrelfish
Die Myripristinae - Soldaatvis

© Johan Boshoff

Algemene familienaam

Soldaatvis

Wetenskaplike naam

Myripristinae

Grootte

Tot 50 cm, gemiddeld 18 cm

Identifikasie

Plat, ovaalvormige liggaam met growwe, tweekleur skubbe. Diep gevurkte sterte. Groot oë en stomp neus. Gewoonlik rooierig met ligter vertikale lyne oor die liggaam.

Algemene Inligting

Die Myripristinae sub-familie bestaan uit 8 genera en 84 spesies. Familie van die soldaatvis. Word aangetref oor riwwe gedurende die dag of skuil in skeure en onder lyste. Jag meestal snags. Verkies areas met sterk strome. Sommige het ‘n stekel naby die kiefopening wat ‘n pynlike wond kan veroorsaak. Pelagiese kuitvisse.

Voeding

Leef van groot plankton soos skaaldier-planktonlarwes.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Kroon-soldaat (Sargocentron diadema)
Sabel-soldaat (Sargocentron spiniferum)
Stertkol-soldaat (Sargocentron caudimaculatum)