Ongekende Perfektheid - Aktiwiteite
Shamwari Wildreservaat, Oos-Kaap

By Eagle’s Crag Lodge gaan wildbesigtiging ekskursies in die oggend en in die aand uit.

Wildbesigtiging

Elke safari word met gespesialiseerde 4x4-safari-voertuie onderneem. Die gidse verwelkom gaste se voorkeure en wil graag die ervaring so persoonlik as moontlik maak. Die wildbesigtigingsritte sluit ’n persoonlike gids vir elke 6 – 10 mense in. Wees op die uitkyk vir leeu, kameelperd, renoster en olifant.

Born Free Big Cat Rescue Centre

Wild besigtiging in Shamwari Wildreservaat is nie die enigste aktiwiteit wat jy kan geniet nie. Jy kan ook ’n besoek aan die Born Free Big Cat Rescue Centre aflê. Hierdie diere was uit aanhouding gered en die fonds het ten doel om die konservasie van hierdie magiese diere te bevorder.

Voëlkyk

Shamwari Wildreservaat is ryk aan verskillende spesies voëls. Die area is bekend vir die groot populasie roofvoëls, watervoëls en ander kleurvolle sangbekke. Voëls wat gereeld gesien word sluit die witkruisvleivalk, bleeksingvalk, blouvalk, visarend, bokmakierie, hoopoes, slanghals, kuifkopvisvanger en lepelaar. Die tuin om die lodge wremel met klein-rooibandsuikerbekkies, gewone janfrederik en die suidelike waterfiskaal.

Bos Wandeling Safari’s

’n Stap safari is ’n uitstekende manier om die omgewing beter te leer ken. By Eagle’s Grag Lodge word veiligheidsmaatreëls voor elke bos wandeling geneem om seker te maak dat jy te alle tye veilig voel. Elke stap word deur ’n ervare en professionele veldgids gelei. Hierdie begeleide wandelinge bied jou die geleentheid om nader aan die verskeie fauna en flora te kom. ’n Oorvloed voëls kan waargeneem word, ’n verskeidenheid plantlewe kan bestudeer word en wild kan opgespoor word.

Kinderaktiwiteite

Saam met wild besigtiging in Shamwari Wildreservaat is daar ook verskeie binne- en buitelug aktiwiteite vir kinders om te geniet. Die kinders word opgepas deur toegeweide en passievolle personeel, terwyl hulle spoeg en plak, puzzles bou, DVD’s kyk, lees en bordspeletjies speel. Kinders mag slegs onder die toesig van ouers saam na die Born Free sentrum gaan.