Ongekende Perfektheid
Shamwari Wildreservaat, Oos-Kaap

Eagle’s Crag Lodge bied ongelooflike wild besigtigingsgeleenthede in Shamwari Wildreservaat in die Oos-Kaap aan.

Hoogtepunte

Asemrowende natuurskoon & opgeligte panoramiese uitsigte
Privaat suites met ’n besigtigingsdek en plonspoel
Ontspannende spa met 2 terapie kamers, hidro-terapie bad en stoomkamer
Aktiwiteite vir kinders van alle ouderdomme
Daaglikse wildbesigtigingsritte met volop wild besigtiging

Jou Ervaring

Eagle’s Crag Lodge is in die privaat Shamwari Wildreservaat in die Oos-Kaap geleë.

Ongelooflike roofvoël besigtinge kan vanuit die eksklusiewe suites wat tussen die bergkranse weggesteek is, geniet word. Elke suite is modern ontwerp met glas en steen en bied gaste ’n goed afgeronde toevlug vir ’n heerlike bos wegbreek.

Op luilekker middae kan jy jouself met spa behandelinge bederf. Die behandelinge kan in een van 2 eksklusiewe behandelingskamers geniet word. Kinders kan deelneem aan verskeie aktiwiteite, terwyl ma en pa bietjie tyd afvat, terugsit en ontspan.

Wild besigtiging in Shamwari Wildreservaat is ’n hoogtepunt vir alle reisigers. Twee eksklusiewe wild ekskursies word elke dag in gespesialiseerde wildbesigtigingsvoertuie onderneem. Hierdie ritte neem omtrent 3 tot 4 ure, word deur goed opgeleide gidse en spoorsnyers gelei en sluit koffie in die oggend en skemerkelkies in die laat middag in.

Die omliggende omgewing waarbinne Eagle’s Crag Lodge geleë is, is bekend vir groot konsentrasie voëls - insluitend die blouvalk, dwergarend, bleeksingvalk en sekretaris voël. Jy kan hierdie voëls vanaf die gemak van die lodge aanskou, of gedurende jou stap safari.

’n Besoek aan die Born Free Big Cat Rescue Centre kan georganiseer word vir onvergeetlike aanskouings van geredde diere. Hierdie besoek sal jou insig gee oor die moeite wat gedoen word om Suid-Afrika se wild te beskerm.