Sea Spiders
Seespinnekoppe

© Johan Boshoff

Algemene familienam

Seespinnekoppe

Wetenskaplike naam

Pantopoda

Grootte

Van 1 cm tot 1 m.

Identifikasie

Lang pote met ‘n baie klein liggaam. Meestal vier pare pote, maar vyf of ses kom ook voor. Proboskus. Onderlyf sigbaar. Meestal vaal kleure soos beige, bruin en oranje.

Algemene Inligting

Die Pantopoda orde het meer as 1 400 spesies. Hule is nie ware spinnekoppe nie. Baie goed gekamoefleer. Hulle het nie longe nie, maar haal asem deur diffusie. Organe strek tot in die pote omdat die liggaam so klein is. Beweeg deur te loop of te swem in ‘n polsende beweging. Bevrugting vind buite die vroulike liggaam plaas. Mannetjies kyk na die eiers totdat hulle uitbroei.

Voeding

Leef van ongewerweldes met sagte liggame wat hulle insuig deur die proboskus.

Verspreiding

Kom voor in alle oseane van die wêreld, insluitend die Arktiese Oseaan.

Algemene Spesies

Anoplodactylus digitatus
Nymphon gracile
Nymphon sp.