Sea Chubs
Vetsak

© Johan Boshoff

Gewone familienaam

Vetsak

Alias

Drummers

Wetenskaplike naam

Kyphosidae

Grootte

Tot 70cm

Identifikasie

Ovaal, lateral afgeplatte liggaam met klein, growwe skubbe wat die hele liggaam bedek. Klein koppie en mond. Stertvin konkaaf gevurk.

Algemene Inligting

Die Kyphosidae familie bestaan uit 15 genera en 42 spesies. Hulle naam gekry omdat hulle die volgstroom van bote volg. Kom voor in die buitenste rif en die harde bodemareas. Tande lyk soos oogtande. Aktiewe, nuuskierige visse. Hulle vorm groot skole in paartyd. Pelagiese kuitskieters.

Voeding

Leef van plantmateriaal soos alge en seewier. Sommige spesies eet klein ongewerweldes en is omnivore.

Verspreiding

Kom voor in alle gematigde en tropiese oseane van die wêreld.

Algemene Spesies

Vetsak - Kyphosus sydneyanus
Blou vetsak - Kyphosus cinerascens
Brassy vetsak - Kyphosus vaigensis