Rhebuck
Grys Reebok

© Roger de la Harpe

Naam

Grey Rhebuck / Grys Reebok [Pelea capreolus]

Voorkoms

Hulle kan weeg tot en met 30 kg met ‘n skouerhoogte van 200-800 mm. Hierdie is ‘n skraal, lang nekkige, medium-grootte bok.
Die Grys Reebok het lang smal ore met ‘n bolvormige neus en ‘n wolagtige pels met ‘n wit onderkant. Slegs ramme het skerp regop horings van 150-250 mm in lengte, met ringe rondom die basis.

Dieet

Hierdie bok het ‘n gemengde dieet en wei hoofsaaklik. Hulle verkies struike en blomme. Wortels en sade word ook gevreet gedurende Junie tot Oktober.

Teling

Hulle teling is seisoengebonde en paring vind plaas gedurende die maande Februarie en April. Enkel lammers word gebore na ‘n gestasie periode van tot agt maande.
Dragtige ooie verlaat die kudde drie dae voordat hulle geboorte skenk. Na geboorte sal die ma’s hul lammers wegsteek vir 6 weke waartydens hulle gereeld die lammers soog.

Gedrag

Die sosiale groepering van hierdie bokke is gekompliseerd en bestaan uit tot en met 12 bokke, met een volwasse ram, ‘n paar ooie en lammers. Ramme word soms alleenlopers. Hulle is gewoonlik territoriaal en sal ‘n spesifieke area verdedig.
Hulle maak snuffel, kreun en sissende klanke. Hulle is aktief vir meeste van die dag maar rus graag sodra dit warm word. Hulle is goeie springers en hardloop met ‘n kenmerkende skommelgang met die voor- en agterpote styf met elke sprong.

Habitat

Binne bergagtige gebiede verkies hulle grasvelde met klippe en rotse.

Waar Word Hulle Aangetref

Hierdie bok is nie algemeen nie, maar word wydverspreid aangetref in ‘n geskikte habitat. Aangetref in die Wes- en Oos-Kaap, geskikte areas weswaarts van die Kaapse Skiereiland, Mpumalanga en die Noordelike Provinsie, hoogliggende gebiede van Leshoto, Vrystaat en die hoër Drakensberg areas van KwaZulu Natal.
Hulle is aangepas om te bly in bergagtige heuwels en op plato’s.

Roofdiere

Hulle is prooi vir Leeus, Luiperds, Hienas, die Kaapse Jaghond, Luislange en Jakkalse.

Veldnotas

‘n Minder bekende feit is dat die Reebok die oorsprong van die Reebok handelsmerk is. Die naam is gekies vir die dier se vermoë om in bergagtige terrein te oorleef en is vandag een van die bekendste handelsmerke ter wêreld.