Red-hot Poker
Vuurpyl

© Roger de la Harpe
Red-hot Poker.

Naam

Vuurpyl

Latynse naam

Kniphofia spp

Beskrywing

Die mees opvallende kenmerk van hierdie plant is die perfekte rangskikking van die blomme. Die blare groei tot 'n lengte van ongeveer 1 m en die blomsteel, wat tot 1.5 m hoog word, dra die bloeiwyse wat uit klein, buisvormige blomme bestaan. Die blomknoppe is eers bleek rooi, maar word geel of geelgroen wanneer hulle in die laat somer oopmaak.

Habitat

Die vuurpyl kan in grasveld en moerasse gevind word en word vanaf die Wes-Kaap tot die Limpopo Provinsie aangetref.

Veld notas

Daar is verskillende vuurpyl spesies insluitend K. linearifolia, K. uvaria, K. Multiflora en K. Caulescens. Die vuurpyl is ’n Suid-Afrikaanse plant wat deesdae in baie ander dele van die wêreld gevind word omdat dit ingevoer word as gevolg van die plant se dramatiese skoonheid en die feit dat die blomme baie lank vars bly.