Pluimvee Voerwenke

© Chris Daly

Voeding is een van die grootste uitgawes vir die meeste pluimveeboere en maak soms meer as 50% van die produksiekoste uit. Daar is egter 'n paar truuks om koste te bespaar en gebruik te maak van wat jy het:

Deel Hulpbronne

©Chris Daly
Die aankoop van klein hoeveelhede voer deur middel van 'n middelman verhoog koste. Om hierdie probleem te oorkom, het dr Charlotte Nkuna van die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging in Farmer’s Weekly artikel voorgestel dat boere hulpbronne deel en insette soos kuikens, voer, entstowwe en beddegoed saam koop, direk van die verskaffers van voermolens en broeierye .
Dit kan nie altyd prakties wees as boere ver van mekaar af geleë is nie, maar boere moet met mekaar praat en saam probeer om kreatiewe oplossings vir hierdie uitdagings te kry.

Vermy Swak Kwaliteitvoer

As jy voer koop, maak seker dat jy dit van ’n betroubare bron koop. Die probleem met substandaard voer is dat dit tot voedingsgebreke kan lei, wat weer tot swak produksie, groei en hoenders wat meer kwesbaar ia vir siektes, kan lei. Verouderde kos kan ook sekere siektes veroorsaak.

Ideaal gesproke moet die voer van ’n goeie gehalte wees en gerig word op die behoeftes van die diere. Voer vir braaikuikens, byvoorbeeld, moet 'n hoër energie- en proteïeninhoud hê as ver vir lêhenne, aangesien braaikuikens vinniger gewig moet optel as lêhenne.
Wat is goeie gehalte voer?
  • Die voer moet vry wees van gif-en skadelike stowwe.
  • Dit moet vars en muf-vry wees. Dit moet nie sleg of af ruik nie en dit moet vars lyk.
  • Dit moet van goeie gehalte bestanddele gemaak word.
  • Produkte moet uniform wees en nie van een bondel na ’n ander wissel nie.
  • Daar moet 'n joernaal nommer, datum van vervaardiging en kontakbesonderhede wees om maklike opspoorbaarheid toe te laat wanneer iets verkeerd gaan.

Behoorlike Berging

©Chris Daly
Behoorlike berging help om die kwaliteit van die voer te beskerm. Soos wat voer ouer word, verloor dit sy voedingswaarde. ’n Lae voedingswaarde beteken dat meer voer benodig word om hoendergehalte te handhaaf. Swak gehaltevoeding verhoog ook risiko’s vir siektes.

Poultry World het die volgende stoor wenke:
  • Voer moet droog, koel, uit direkte sonlig en in 'n goed geventileerde ruimte gehou word.
  • Dit moet beskerm word teen ongediertes en ander insekplae, nie net om verliese te voorkom nie, maar ook omdat hierdie plae die voer kan besoedel.
  • Voer moet verkieslik van die grond af gehou word om grond kondensasie te voorkom
  • Dit moet weg van chemikalieë en dwelms gestoor word.
  • As dit in vullishouers gehou word, moet die vullis behoorlik skoongemaak word voordat nuwe voer daarby gevoeg word.
  • Bergingsareas moet skoon gehou word.

Maak Jou Eie

©Chris Daly
As jy toegang het tot goeie gehalte bestanddele, soos mielies, soja, vismeel, semel en sonneblom, kan jy jou eie voer produseer. Vra 'n verlengkundige of dierevoedingkundige om jou te help om 'n gebalanseerde rantsoen te formuleer wat die voedingsbehoeftes van jou hoenders in verskillende stadiums van produksie aanspreek.

In 'n artikel op die Poultrysite.com het Jan Grobbelaar van Dumela Poultry Solutions die volgende wenke vir boere wat dit nie kan bekostig om voer te koop nie voorgestel: Eerstens kan hulle hul eie vlieglarwes produseer waarmee die hoender gevoed kan word.
Dit kan gedoen word deur vrot kosstowwe, soos kool, in 'n emmer wat op 'n paal gehang is, te plaas. Die afvalkos sal vlieë lok, wat hul eiers daarin sal lê. Holtes moet onderaan die emmer gemaak word, sodat die larwes wat na die onderkant van die emmer beweeg, deur die gate sal val. ’n Ander emmer kan onder die larwes geplaas word om die larwes te vang.


’n Tweede alternatief is om termiete te oes. Vir volhoubare produksie leer Grobbelaar boere om slegs 'n gedeelte van die termiet nes te verwyder deur 'n gaatjie daarin te maak. Die gat word dan met droë gras bedek om die herstel van die nes te versnel. Dit neem nege maande voordat 'n nes weer geoes kan word.

Nog 'n alternatief is om die hoenders met mielies te voorsien wat nie geskik is vir menslike verbruik nie. Die voer van hierdie mielies het 'n siekte-risiko, maar die risiko is laer vir hoenders wat vry rondloop en self na kos soek, aangesien hulle baie harder is as moderne, kommersiële hoenders en daarom sekere kosse beter kan verteer.

Translated by Nina Joubert