Pluimvee Bosluise

© Chris Daly

Hoewel hoenders kan help om sekere bosluisspesies in toom te hou op ander diere soos beeste en rondom die huis, is hulle nie bestand teen tampanne of hoenderbosluise nie.
Hierdie bloedsuiende parasiete word dikwels misgekyk tydens pluimveeinspeksies omdat die larwes net groter as myte kan wees en net snags voed terwyl die voëls slaap. Pluimveebosluise mag groot probleme veroorsaak as hulle nie behandel word nie, veral wanneer voëls in groot getalle in klein spasietjies aangehou word.

Hoe Lyk Hulle?

Hoenderbosluise is plat, ovaalvormig en sag, in teenstelling met die harde bosluise wat gewoonlik op hande en katte gevind word. Net soos myte het hulle agt bene, behalwe tydens die eerste larwestadiums wanneer hulle ses bene het. Hulle mag varieer in grootte van 3mm tot 15mm in lengte, afhangende van die spesies en of hulle onlangs gevoed het op bloed.

Hulle mag sit op plantegroei in ‘n poging om ‘n gasheer te “vang”, maar leef hoofsaaklik in beskutte omgewings soos skeure en neste. Die larwes kan vir twee maande of langer, die nimfe vir ‘n jaar en die volwassenes vir tot drie jaar oorleef sonder ‘n bloedmaaltyd.

Tekens van Besmetting?

Hulle veroorsaak nie slegs bloedarmoede in voëls nie, maar is ook die draers van potensieel dodelike siektes, soos bosluisverlamming, veroorsaak deur toksiene in hul speeksel, Borrelia anserine, Borrelia spirochetes, Borreliosis, Spirochaetosis, Pasteurella en die Wes-Nyl virus.

Tekens wat geassosieer word met bosluisbesmetting sluit in verlamming, swakheid, gewigsverlies, vertraagde groei, deurmekaar vere, velletsels, swak eetlus en selfs diarree. Voëls is snags onrustig. Vrylopende voëls mag onwillig wees om hok toe te gaan.

Wanneer voëls ondersoek word, let op klein rooi spikkeltjies waar voëls dalk gebyt is. Bosluise is gewoonlik op die kop en nek, die uitskeidingsopening en dele van die liggaam wat nie deur digte vere bedek is nie, asook die ledemate. Onthou egter dat hule nie op die voëls lewe nie en slegs snags voed, so inspeksies moet snags met behulp van ‘n goeie lig gedoen word. In die hok mag daar rooi kolletjies naby krake en skeure wees wat ‘n aanduiding kan wees van hul aanwesigheid.

Translated by Elna Van Rhyn