Persimmon Produksie

Produk en Gebruike

©Louise Brodie

Persimmon vrugte word gewoonlik vars geëet, maar daar is groot persimmon verwerkings nywerhede wat gedroogde persimmons produseer. Omdat persimmons hoë vlakke van pektien bevat word hulle ook wyd gebruik in die vervaardiging van konfyt en in blatjang en pittige atjar souse.

Persimmon tanniene is sedert antieke tye gebruik as volksgeneeskunde vir die behandeling van beroertes in Japan en as kruie medisyne in China. Tanniene beskerm weefsels se selle wat die immuunstelsel versterk teen bakterieë en virusse. Tanniene help ook met die verlaging van bloeddruk en die verligting van ingewandsiektes.

Wêreldproduksie

China is by verre die grootste produsent van persimmons en is verantwoordelik vir meer as twee / derdes van die globale produksies. China word gevolg deur Suid-Korea, Japan en Spanje. Ander lande wat persimmons produseer is Israel, die VSA, Suid-Afrika, Nieu-Seeland, Australië, Egipte en Chili.

Suid Afrikaanse Produksie

©Louise Brodie
Dew fresh Sharon Fruit.

Die hele Suid-Afrikaanse persimmon bedryf se produksie is van die SharonTM vrug wat die kommersiële naam vir die gewilde pitlose vrank persimmon Kaki vrugte se Diospyros Triumph variëteit is. Die vrank persimmon variëteit is oorspronklik in die Sharon Valley in Israel gekweek en dit is die oorsprong van die kommersiële naam. Die bedryf is in die middel-1990s in Suid-Afrika gestig grootliks te wyte aan die inisiatief van Mor International, die Israeliese groep wat verantwoordelik is vir die bemarking van die grootste deel van Israel se bitter persimmon oeste.

Die doel van die stigting van 'n Suid-Afrikaanse bedryf was om sy aanbod te verleng met 'n suidelike halfrond produksie. Gedurende die afgelope dekade is die bedryf gekonsolideer tot streke wat die beste geskik is vir die kweek van die vrugte.

Produksie Seisoene

In Suid-Afrika word SharonTM vrugte vanaf middel-April tot aan die einde van Mei geoes en is tot Augustus beskikbaar.

Produksie Areas

Die vrugte word meestal in die Suid-Kaap en deel van die Wes-Kaap geproduseer en word by die Arisa verpakking en behandeling fasiliteit by Buffeljagsrivier naby Swellendam in die Wes-Kaap afgelewer. Terwyl sommige SharonTM vrugte aan die plaaslike mark verkoop word, word die meeste van die vrugte deur die Kaapse hawe uitgevoer.

Uitvoer Destinasies

©Louise Brodie

Die grootste uitvoermark vir Suid-Afrikaanse SharonTM vrugte is die Europese Unie met die grootste deel van die vrugte wat bestem is vir supermark programme in Noord-Europa en die Verenigde Koninkryk.

Tegniese Standaarde

Vars persimmons wat uitgevoer word uit Suid-Afrika voldoen aan gevestigde uitvoer kwaliteit standaarde wat gestig is deur die Suid-Afrikaanse PPECB (Uitvoer van Bederfbare Produkte en Raad van Beheer).

Translated by Wilma Koeppen