Pedi Kuns en Handwerk

Musiek en Dans

©Dr Peter Magubane

Belangrike Pedi handwerk sluit pottebakkery, huis-skildery, houtwerk (veral die maak van tromme), metaalsmeewerk en kralewerk in. Tradisionele musiek (mmino wa Setso) het 'n ses-noot skaal, voorheen gespeel op 'n geplukte riet instrument (dipela). Vandag maak musikante gebruik van instrumente soos die Joodse harp en die Duitse Outoharp (harepa) wat nou gesien word as ʼn tipies Pedi instrument. Miskien is die bekendste die kiba dans, wat landelike gebruik en gedans was maar nou 'n migrante styl van dans is wat deur almal gedans word.

Die mans se weergawe is 'n groep van spelers, elkeen met 'n blaas pypie met aluminium op die einde wat elkeen 'n ander toonhoogte het (Naka), wat 'n afwaartse vervaardigde melodie met 'n ryk harmonie skep. Mans dra Skotse rompe (kilts), (wat terugverwys na die Pedi se betrokkenheid by die Geallieerdes in die Tweede Wêreldoorlog) met tradisionele ampsierade. Die vroue se weergawe bevat liedjies (dikosa) waarin individue op ouer lirieke improviseer. Sang en dans kibas (sing en dans groepe) is een van die min geleenthede waar vroue die klere uitgewerk met stekies (smocked) van die kgarebe dra wat die eerste keer na inisiasie gedra is. Beide mans en vroue se kibas word vergesel deur 'n samestelling van tromme (Meropa) wat nou gemaak word van olie-tromme en melk-kanne.

Translated by Wilma Koeppen